19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Sjef Leon Nel, eienaar van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort, met die nagereg, Sjokoladekoek sonder meel, met ‘n tikkie koffie en die gebakte Camembert- en neutfilo as ‘n voorgereg.

AGRIPULSE – HARTBEESPOORT – Elegant en kontemporêr kunstig voorbereide geregte is kenmerkend van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort en om so ‘n stukkie van die elegansie met lesers te deel, het AgriPulse by sjef en eienaar van die restaurant, Leon Nel gaan kuier. Leon spog met tientalle nasionale én internasionale toekennings en disse op dié spyskaart is van wêreldklas-standaard.
Spesiaal vir AgriPulse se lesers het dié bekroonde sjef sy immergewilde voorgereg, Gebakte Camembert en Neut Filo met ons gedeel. Dié voorgereg is ‘n kunswerk vol geur, kleur en afronding wat beloof om elke smaakknoppie denkbaar te prikkel. Met ‘n tikkie persoonlike panache gekomplimenteer deur jou unieke flair, kan jy jou gaste met die meesterlike delikates as ‘n verwelkominggereg bederf.
Besoek gerus Orange Bistro se webwerf by https://www.silverorangebistro.co.za/

 

Gebakte Camembert en Neutfilo
Bestanddele lewer drie porsies.
Bak in oond op    200˚C.

Wat jy sal benodig:
Een ronde camembert-kaas in drie vingers gesny,
Twee velle filo in die helfte gesny,
Een eierwit geklits,
‘n Halwe koppie gekapte neute (okkerneute of pekanneute), gesmelte botter,
Beetblatjang,
Rooibosbessiesous (cranberry) en
Acai-bessiepoeier vir garnering.

Hoe om dit te doen
Lê filovel op tafel en smeer met botter, doop camembert-vingers in eierwit en rol dan in die gekapte neute.
Plaas Camembert-vinger op die bodem van die gebotterde filovel en rol dan twee keer om, vou kante in en rol in sigaarvorm.
Smeer met nog gesmelte botter en bak by 200˚C vir ongeveer 10min of tot goudbruin.
Bedien bo-op beetblatjang of enige lekkerny van jou keuse,skep bietjie rooibosbessiesous oor en bedruip met heuning.
Gebruik verskillende eetbare blommetjies soos basielkruid, mint, laventel of miniatuur gesiggies.

Vir die garnering en opdis van die bord,
Klik op die video-skakel https://bit.ly/bakedcamembertnutphyllo en skep jou eie meesterstuk.

Sjokoladekoekresep, sonder meel,
met ‘n tikkie koffie.
Bestanddele lewer ses porsies en word teen 180ºC gebak.

Jy sal nodig hê:
125ml water,
225g botter,
190g suiker,
4 teelepels gemaalde koffiebone of baie fyn kits-espresso-koffiepoeier,
340g donkersjokolade,
vyf eiers en
95g ekstra suiker.

Hoe om dit te doen:
Bring water, suiker en botter tot kookpunt.
Verwyder van hitte en voeg sjokolade by en roer tot opgelos en voeg koffie by.
Klits suiker en eiers saam en meng by afgekoelde sjokolademengsel in.
Gooi in gesmeerde ramekin’s en bak in waterbad (bain-marie) tot amper gestol.
Haal uit en koel effens af. Bedien met vanieljeroomys en sprinkel fyngemaalde koffie liggies oor.