19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – KLERKSDORP - Wintertyd is poedingtyd.  Lieflike gebakte poedings met ryk souse, romerige verleidings of die geure van gemmer, sitrus of speserye wat jou binneste warm maak. Salomé Kotzé, redakteur van Klerksdorp Rekord, hou daarvan om nuwe resepte te probeer en hierdie resep uit die Idees tydskrif vir ‘n Suurlemoen-souspoeding het haar oog gevang.  Dit is maklik om te maak, smaak soos nog en is die regte medisyne om daardie koue wintergevoel te verdryf.

Bestanddele:
Genoeg vir 6-8 mense
Oondtemperatuur: 180 °C
500 ml bruismeel
350 ml strooisuiker

2 groot eiers
60 ml gesmelte botter
250 ml melk
Gerasperde skil en sap van 4 suurlemoene 30 ml mielieblom
Versiersuiker, vir oorsif
750 ml kookwater

Metode:
Meng die meel en 125 ml van die strooisuiker saam in ‘n groot bak.
Meng die eiers, botter, melk en suurlemoenskil saam in ‘n bakkie en roer dit by die meelmengsel tot dit net-net gemeng is. Giet die beslag in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Meng die mielieblom en orige strooisuiker  saam en sprinkel dit oor die beslag. Moenie dit inmeng nie.
Meng die suurlemoensap en kookwater en giet dit oor die beslag. Moenie dit inmeng nie.
Bak die poeding vir 45 minute in die verhitte oond of tot dit opgepof en goudbruin is. Sif versiersuiker oor en sit voor met styfgeklopte room.
Jy kan dit ook met vla bedien - dit is heerlik.