20
Mon, May

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Diegene wat ons reeks “This is how I cook” met Rustenburg se eie MasterChef SA (Thys Hattingh) volg, sal seker weet dat Thys ‘n regte lekkerbek is met ‘n onversadigbare drang na poedings, roomyse en al wat soet is en dat Thys baie gepas binne die volgende klompie weke die klem van sy huidige reeks van warm soppe na warm poedings en roomyse gaan verskuif.

Tot dan sal diegene van ons wat elke af en toe vir ‘n lekker “soetding” lus het, ‘n bietjie verbeelding moet gebruik of alternatiewelik op die sukses-verhale en resepte soos Kook en Geniet en dergliks moet terugval. Met die winterkoue wat deesdae kort na sonsak begin geniepsig raak, was ons gelukkig om ‘n wenresep vir ‘n lekker warm sjokoladenagereg by twee pragtige sussies te kry.

Ja, baie manne sal sekerlik saamstem dat ‘n mens sommer vanself so ‘n warm gevoel hier binne by aanskoue van twee sulke mooie mense kry, maar vir ons dames en oumense, wel, hulle moet maar op die warm sjokolade staatmaak vir ‘n bietjie ekstra hitte. Dit poeding is elk geval nie te versmaai nie en smaak beslis vorentoe – dit is beslis handig om vir die yskoue wintersdae wat nog voorlê, byderhand te hou. Ons mooie susters - Joanie Weiss en Elizma Pieterse maak die warm sjokoladenagereg soos volg;

Bestanddele
1 koppie meel; 
1 eetlepel kakao;
¾ koppie melk;
½ teelepel geursel;
1 eier;
½ teelepel sout;
¾ koppie suiker;
3 teelepels bakpoeier;
¼ koppie botter.
Roer botter, eier en suiker saam – voeg dan die res van die bestanddele by.

Sous:
3 koppies water;
¾ koppie suiker;
1 eetlepel kakao;
2 eetlepels botter;

Roer bogenoemde op stoof totdat dit goed kook en die suiker heeltemal opgelos is. Gooi die beslag in ‘n gesmeerde bak met kokende sous bo-oor. Bak by 180°C vir ongeveer 45 minute. Dien op saam met roomys van jou keuse en val weg – nooi baie mense en as jy wil steek jy sommer ‘n warm vuur buite aan. Dan kan die nagereg sommer ‘n voorgereg wees…