24
Sun, Nov

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Morné van Niekerk is ‘n bakker van beroep. Hy leef sy kreatiwiteit uit in die kombuis. Sy ma het hom alles geleer van kosmaak en bak en het haar van kleinsaf in die kombuis gehelp. Sy gunsteling sjef is Jamie Oliver, want hy sit kos voor met pretensie.

deur Morné van Niekerk

Bestanddele:
• 1 ½ koppie meel
• 4 teelepels bakpoeier
• ½ teelepel sout
• 4 eetlepels mezina
• 6 eiers (geskei)
• ½ koppie suiker
• ¾ koppie olie
• 1 koppie water
• 1 teelepel vanielje

Metode:
• Sif die meel, bakpoeier, sou en mezina saam in 'n bak.
• In 'n aparte bak, meng die eiergele met suiker en klits goed.
• Voeg olie, water en vanielje by die nat mengsel.
• Gooi die nat beslag by die die droë bestanddele en meng goed.
• Klits eierwitte styf en vou dit in by die beslag.
• Bak vir 45 minute teen 180°C.
• Versier na smaak.