21
Thu, Nov

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Annaleen van  Staden is die hoof van terapie by Sanpark, ‘n rehabilitasiesentrum in Klerksdorp. Sy hou van mense en sê almal verdien tweede kanse. Haar gunsteling nagereg is malvalpoeding met vla, maar sy maak ook gereeld die lemoenkoek. Die lemoenkoek is vinnig, maklik en redelik gesond.

Deur Annaleen van Staden

Lemoenkoek

Klits goed saam: 
• 3 Eiers 
• 1k Suiker 
Meng met eerste mengsel: 
• 1½ k meel
• 1½ t bakpoeier 

Smelt saam en voeg by: 
• 3 Eetl margarien 
• ¾ k melk
METODE:
• Bak 25 -30 min by 180º
STROOP:
• 1k water
• 2k suiker
• 1e margarien 
• 1 kop lemoensap 
• 1 eetl gerasperde lemoenskil

Metode:
• Kook water, suiker en margarien 5 min saam. 
• Laat afkoel en voeg by 1k lemoensap en 1e gerasperde lemoenskil.
• Gooi oor gaar warm koek.
• Ek sny gewoonlik die koek klaar op in blokkies dan trek die sous lekker in.