20
Mon, May

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Kyk, ‘n vreemde ding gebeur mos hier van die begin van Desember af elke jaar: Baie mense – oud en jonk – ondergaan dan ‘n metamorfose en verander in ruspes wat deurentyd iets te ete wil hê. Dis ook tog tradisioneel kuiertyd – en gaste kan onverwags op jou drumpel beland. Moenie jou hare uit jou kop uit trek nie! Letitia Cronje, een van die Rustenburg Herald se ontvangspersoneel, het nét die ding om kinders, grootmense en besoekers mee te bederf. Sy maak haar verleidelike sjokoladekoek só:

Bestanddele:

4 Eiers, geskei
1l Suiker
Klits eiergele en suiker tot lig
½ k lou Water
1t Kitskoffiepoeier

75 ml Kakao
Meng dié drie bestanddele goed
½k Kookolie
1t Vanielje
Voeg by suikermengsel en meng goed deur.

1k Koekmeel
2t Bakpoeier
¼t Sout
Gooi by res van die mengsel en meng goed.
Klits eierwitte styf.
Voeg 2t bakpoeier by en klits tot punte vorm.
Vou eierwitte in deegmengsel in.
Gooi in twee gesmeerde panne. (Gewone koekpan of ringpan)
Bak teen 180 °C vir 25 min in ringpan vir ±40 min
Gooi sous oor sodra koek uit die oond kom.

Sous:

300 ml Melk
½ k Suiker
1t Vanielje
Kook saam in mikrogolf vir 2 min.
Gooi oor koek.

Smelt twee groot blokke (80g elk) sjokolade met neute/mint en 70ml melk in mikrogolf en gooi oor afgekoelde koek.