20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD – RUSTENBURG – Dis moeilik om te glo, veral met ons temperature wat nog pal bo 30° gaan draai, dat ons al in die tweede week van herfs is.
Die nuwe seisoen hou natuurlik sy eie bekoring, asook die belofte van koeler dae, in. Jy begin ook al uitsien na heerlike sop en bredies vir koue wintersdae.
Dus, so as ‘n laaste ode aan die somer, maak die Herald se kookspan dié week ‘n nagereg wat die sonnige sappigheid van die kiwivrug vier. Nie net is dié lekkerte vining om te maak nie, dit word met die nuutste gesondheidsgier, Chiasaad, gekombineer. Amoré van der Westhuizen, een van die grafiese ontwerpers van Noordwes Koerante, het die resep op die proef gestel.

 

Jy benodig:

¼ koppie Chiasaad
1 koppie onversoete klapper- of amandelmelk
¼ koppie dubbelroom, ongegeurde yogurt
1 eetl Moepelstroop of, vir ‘n gesonder opsie, heuning
3 x kiwi’s, geskil en gesny om te verpulp
1 x tlp vanillageursel (of, die duurder opsie is vanilla-ekstrak)
1 x kiwi, geskil en gesny vir garnering
Vars bessies (aarbeie of bloubessies en swartbessies)
Geroosterde klappervlokkies

So maak jy:

Meng die chiasaad, melk, yogurt, vanilla en stroop in ‘n houer en laat dit oornag in die yskas.
Verwyder uit yskas, roer goed en proe of die mengsel soet genoeg is. Indien nie, voeg nog stroop (of heuning) by.
Verpulp die drie kiwivrugte in ‘n menger tot ‘n gladde puree. Indien die puree te loperig lyk, druk dit deur ‘n fyn sif.
Skep ‘n laag chiamengsel onder in ‘n nageregbakkie, gevolg deur ‘n lagie kiwipuree en dan weer ‘n laag chiamengsel.
Versier met die geskilde, gesnyde kiwivrug, die vars bessies en die geroosterde klappervlokkies.