19
Thu, Sep

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Elsje Wilken is bekend as ‘n bakker van formaat in Klerksdorp en van haar gebak is by verskillende koffiewinkels en restaurante op die spyskaart. Sy bak onder die naam Delicious Delights en doen ook privaat spyseniering. Haar mini-kaaskoekies is ‘n treffer.

Deur Elsje Wilken

Bestanddele (kors):
• 150g Tennisbeskuitjies
• 60g gesmelte botter
Vulsel:
• 300g roomkaas (full fat, kamertemperatuur)
• 100g suiker
• 2 eiers (kamertemperatuur)
• 1 teelepel vanielje
• 1 teelepel suurlemoensap
• 14g meel
• 185g suurroom (full fat, kamertemperatuur)

Metode:
Kors:
• Maak die koekies fyn in 'n voedselverwerker.
• Gooi in 'n mengbak en voeg gemelte botter by.

Vulsel:
• Verhit die oond tot 160 °C en berei 'n muffin pan met kolwyntjiepapier.
• Spuit met spray 'n cook.
• Meng roomkaas tot romerig in menger. Terwyl dit stadig meng, voeg die suiker by. Voeg die eiers een vir een by tot net gemeng.
• Voeg vanielje, suurlemoensap en meel by en meng.
• Voeg die suurroom by en meng alles goed saam.
• Gebruik 'n roomyslepel en skep kaaskoekvulsel in elke kolwyntjieholte.
• Skud saggies of gebruik 'n slaplemmes om gelyk te maak.
• Bak teen 160 °C vir 15 minute. Die kaaskoekie sal nog 'wiggle' in die middel.
• Haal uit die oond en laat afkoel tot kamertemperatuur.
• Plaas oornag in die yskas om te stol.
• Bedien met aarbeie of speel met variasies soos bloubessies, skokolade of karamel. Vervang tennisbeskuitjies met sjokoladekoekies as jy 'n sjokolade kaaskoekie wil bak.
• Geniet saam met koffie en goeie geselskap.