19
Thu, Sep

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Twee susters, Ilzeanne en Esmari van der Walt, hou daarvan om saam te bak en brou in die kombuis. Hulle woon op Stilfontein en is albei studente in Potchefstroom. Toe hulle nog op skool was het hulle graag hierdie maklike fudge as ‘n lekkerny gemaak.

Deur Ilzeanne en Esmari van der Walt

Maklike sjokoladefudge

BESTANDELE:
• 1 Pakkie sjokoladepoedingmengsel (instant pudding)
• 1 en 'n halwe koppie suiker
• halwe koppie melk
• 1 eetlepel botter
• halwe teelepel vanielje

METODE: 
• Plaas sjokoladepoeding, suiker en melk in 'n kastrol en bring tot kookpunt. 
• Roer aanhoudend om aanbranding te voorkom. 
• Wanneer die sagte bal-stadium bereik word, haal van stoof af. 
• Laat afkoel tot louwarm. Voeg botter en vanielje by en klits goed tot dik en romerig. 
• Giet uit in n gesmeerde bak en laat stol. 
• Sny in blokkies.