20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Heelwat van Rustenburg se voorslag-vroue het die afgelope klompie maande minstens een of dalk twee tuis-koskursusse by Rustenburg se fynproewer – Pamela Mostert – bygewoon. Daar is geen twyfel dat kursusgangers sondermeer sal getuig hoe leersaam en interessant hierdie kursusse was nie. ‘n Vraag wat egter sommer so uit die bloute by ‘n mens opkom: Waarom sien ons nie meer van ons manne by hierdie kursusse nie?

Nadat Pamela ons by ‘n vorige kursus aan haar Hoenderborsie-lekkerte bekend gestel het, gaan ons vandeesweek werklik ‘n stukkie geskiedenis maak. Vir diegene onder ons wat hierdie komende kersgetyd in ouwêreldse styl en tradisie gaan onthaal – het Pamela vir ons ‘n oulike palet-verfrisser voorberei. Vir die mense wat nie elke dag met hierdie tipe van ding te doen kry nie – ‘n paletverfrisser (palet cleanser) is nogal ‘n elegante, stylvolle ding by groot onthale/belangrike geleenthede waar van die heerlikste disse deur van die beste sjefs voorgesit word. Dit word tussen die voorgereg en die hoofgereg bedien en presies soos die naam aandui help dit om jou palet te verfris sodat jou hoofgereg werklik voortreflik smaak...

Terloops – Pamela se volgende koskurses – Feestelike Kersfees Kuierkos – word op Woensdag, 28 November, vanaf 09:00 tot 14:00 by Pamela te Madikwe 8 Safarituine aangebied. Vir diegene wat wil “aansit” skakel Pamela by 072-480-9291.

Pamela se paletverfrisser is ‘n Pienk Pomelo-granita en word soos volg gemaak:
Bestanddele 
125 ml strooisuiker;
250g aarbeie (skoongemaak);
500 ml pomelosap (ongeveer 4 pienk pomelos);
180 ml water.

Metode
Plaas suiker, water en aarbeie in kastrol en laat suiker oor lae hite oplos. Verhit verder en laat opkook. Verwyder van hitte en laat afkoel. Plaas in voedselverwerker en verpulp. Gooi deur siffie en roer pomelosap by.

Gooi vloeistof in vlak metaalbak en plaas in vrieskas tot gedeeltelik gevries. Gebruik ‘n vurk om die kristalle te breek. Vries verder en breek greeld die kristalle. Direk voor opdiening breek jy vir die laaste keer die kristalle. Bedien jou Pienk Pomelo-granita in mooi klein glasies en laat ‘n paar minute “stil word” voordat die hoofgereg bedien word.