20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ek gaan nou oop kaarte speel: Ek het nog nooit in my hele lewe ‘n vlatert probeer maak nie. Die plan vir die tert het ontstaan nadat ‘n kollega verlede week verjaar het en ons met só tert kom bederf het. Maar het ek gesukkel om ‘n resep in die hande te kry! Ek het eindelik op een afgekom, maar dit so klein bietjie na my eie smaak aangepas. So klein bietjie raad: maak baie seker dat die vla heeltemal afgekoel is voor jy dit op die suurlemoenkondensmelklaag gooi. Indien dit nog warm is, gaan jy met ‘n loperige tert opgeskeep sit.

Bestanddele:

1l volroom Melk
80ml Suiker
200ml Vlapoeier
100ml Botter (gesmelt)

160ml Suurlemoensap (of na smaak)
Skil van 1 Suurlemoen (gerasper)
2 blikke Kondensmelk
2 pakkies Tennisbeskuitjies

Metode:

- Breek die tennisbeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter.
- Druk dan helfte van die beskuitjies as kors in ‘n tertbak.
- Sit in yskas tot vulsels gereed is.
- Kook 800ml van die melk, terwyl die vlapoeier met die ander 200ml aangemaak word.
- Sodra die melk kookpunt bereik, gooi ‘n bietjie van die warm melk by die vlapasta en gooi alles dan terug in die pot by die res van die kookmelk.
- Roer tot die vla verdik.
- Haal van die hitte af en sit eenkant om deeglik af te koel.
- Gooi nou die kondensmelk in ‘n mengbak en voeg die suurlemoensap, asook gerasperde skil by. Meng deeglik.
- Gooi jou kondensmelkmengsel oor die voorbereide kors.
- Volg met ‘n lagie van die van die gekrummelde beskuitjies. Hou bietjie oor om bo-oor te strooi.
- Gooi nou die afgekoelde vla oor en dan die laaste van die beskuitjiekrummels.
- Plaas terug n die yskas en verkoel goed voor opdiening.