16
Mon, Sep

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AgriPulse - Rustenburg - Daar is iets vertroostends omtrent ‘n pastei vir my; Iets wat amper eerder jou hart, as jou maag, vul.

Miskien lê dit in die assosiasie met kleintyd se gesinsetes om ‘n gesellige tafel.
Toe ek verlede week langs San le Roux se tafel in haar huislike eetkamer aansit en sy skep die geurige pastei op die bord, het ek meteens sommer na my ma verlang.
AgriPulse se kuier by San en Piet le Roux was om te gaan proe hoe dié raakvat vrou se haaspastei proe.
En almal wat die voorreg gehad het om ‘n happie te kon kry was dit eens: Dié pastei is uit die boonste rakke.
As jy dié stukkie goudbruin lekkerte vir jóú gesin wil voorberei, volg gerus San se resep.

So maak jy...

Jy benodig:
• 1 konyn/haas, in stukke gesny
• 1ui, gekap
• 1 eetl botter
• 1 eetl olie
• 1 k witwyn
• 1 eetl worcestersous
• 1/4 k asyn
• sout en peper
• 4 naeltjies
• 1/2 teelepel neutmuskaat
• 1/2 teelepel vars gemmer
• knoffelsout
• skilferkorsdeeg

SOUS
• 150ml botter
• pakkie sampioene
• 1/4 koppie room

Maak só:
• Braai ui saam met die vleis in botter en olie tot
amper bruin
• Voeg die res van die bestandele by, behalwe
die deeg
• Prut stadig totdat vleis van die bene loskom
• Verwyder beentjies
• Maak die vleis fyn
• Skep in vuurvaste glasbak

Sous:
• Kook alles saam
• Bedek die vleismengsel met die sous
• Rol die skilferkors uit, bedek die mengsel
• Bak in oond teen 180grade vir 40 minute tot deeg gaar en
goudbruin is.