16
Mon, Sep

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Zelia sing en bak met gemak...

In die Noordwes en Noord-Kaap (en die res van ons land) is daar baie mense met wonderlike talente – op verskillende terreine uiteraard.

Die meeste mense wat byvoorbeeld hier lees, is seker vanselfsprekend landbouers – dit is mense met die gawe van “groen vingers” soos die spreekwoord lui.

Vir ons jonges wat nie met die uitdrukking vertroud is nie – dit beteken jy kan letterlik enigiets (‘n plant of boom of blom of struik…) in die grond druk en dit groei asof dit die meeste liefde en aandag denkbaar kry.

Nouja, Zelia Harmse is ‘n jong dametjie van Noordwes van wie ons taamlik oortuig is daar nog baie gehoor gaan word. Zelia het geseënd met ‘n stem soos die spreekwoordelike nagtegaal (of engel as jy wil) en jy sal jou hande saamslaan as jy hoor watter gehalte stem, styl en volume daar uit daardie klein lyfie kom.

Maar meer oor Zelia se sang later – ons het Zelia en haar vriend Wynand nadergetrek om vir ons ‘n dis te demonstreer wat beloof om ewe veel byklank onder ons lesers te vind. Die paartjie is baie lief daarvoor om hierdie lekker happie te maak en ons het onlangs die voorreg gehad om self by hulle aan tafel te sit en te smul aan hierdie absoluut heerlike biltong en spek-tert.

Kliek HIER vir ‘n kort video oor Zelia en Wynand se heerlike Biltong- en spek-tert. 

As jy oor ‘n paar maande of dalk ‘n jaar of twee ‘n CD van Zelia op die rak raakloop, sal jy dadelik onthou dat dit die oulike meisie is wat jou aan daardie heerlike biltong- en bacon-tert voorgestel het – Zelia en Wynand maak dit so: Biltong- en bacon-tert...

Bestanddele
1 rol gekoopte skilferkors, ontdooi
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
½ koppie nat of droë beesbiltong en pakkie “bits of bacon” (bros gebraai)
2 wiggies Fetakaas, gekrummel
2 lepels swartpeper
4 eiers, geklits
375ml room

Metode
Voer ‘n glasbak uit met die skilferkors. Sprinkel die Cheddarkaas op die bodem van die bak.
Bedek met die bacon en biltong en dan die Fetakaas. Strooi die swartpeper bo-oor. Meng die eiers en room en gooi stadig bo-oor. Besprinkel weer met ‘n halwe handjievol (of meer) Cheddarkaas oor en fyn biltong. Bak in oond teen 160 grade vir 55 tot 60 minute.