22
Fri, Nov

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Elize Swart is ‘n gasvrou duisend wat daarvan hou om keurig tafel te dek en mooi te maak, sodat haar gaste spesiaal voel. Sy deel ‘n vinnige en maklike resep vir ‘n tunatert wat met min moeite ‘n heerlike ete kan wees. Dit is ‘n wenner saam met ‘n heerlike groen slaai.

Deur Elize Swart

Bestanddele
• 2 blikkies tuna
• 500 ml gerasperde kaas
• 1 groot ui, gerasper
• 20 ml vars pietersielie
• 10 ml bakpoeier
• 2 eiers
• 2 eetl botter
• Aromat
• 4 snye brood
• 500 ml melk

Metode
• Meng tuna, kaas, ui, pietersielie, bakpoeier en eiers goed saam.
• Breek brood in klein stukkies en verhit op stoof saam met die melk en botter.
• Gooi brood en melkmengsel by tuna-mengsel en meng.
• Gooi in tertbak (ongeveer 20cm in deursnee) en bak in oond teen 180°C - 30 minute.
• Strooi aromat oor voor opdiening.
• Geniet warm of koud met 'n mengelslaai.