20
Mon, May

Salads
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In vandeesweek se "raak die 'klits' kwyt" het ons weer 'n ietsie vir die gesondheidsbewustes onder ons. Ja nee, ons kan darem nie week-vir-week 'n ietsie lekkers en boonop ook "heerlike" vetmaakgoed vir ons mense voorsit nie. Goeie nuus - ja, a la Tim Noakes - dit is ook 'n Banting-resep - iets wat in die laaste tyd letterlik op almal se lippe is.

Vir hierdie lekker gesonde resep klop ons aan by buurvrou - Koeks van Graan - en sy en haar oogappel Michael - slaan vir ons hierdie gesonde en maklike dis aanmekaar. En net om seker te maak dat die wêreld darem nie net vervelig of gesond is nie, is daar ook twee lekker worsies ("bangers") in jou bordjie.

In Engels heet die resep: "Califlower tabbouleh salad" - 'n tabbouleh is oorpsornklik 'n Arabiese vegetariese dis (soms 'n slaai) wat tradisioneel van tamaties, pietersielie, kruisement en uie gemaak word. Koeks en Michael maak dit so:

Bestanddele:
1 (360 g) rou kop blomkool
'n halwe ui - gekap
125 ml gewone pietersielie
125 ml kruisement
125 ml dillekomkommer
125 ml gras-uie
310 ml komkommer fyn gekap
130g tamatie - fyn gerasper
sap van een klein suurlemoen
'n tikkie olyfolie
sout en peper
8 spekworsies (bangers)
375 ml suurroom
vars kruie en speserye om jou dis te garneer

Metode:
Was en dreineer jou blomkool. Sny in lekker groterige stukkie en as jy kan plaas in 'n voedselverwerker om dit redelik fyn (maar nie 'n puree) te maak. Gooi uit in 'n mengbak. Plaas ook jou ui, pietersielie, kruisement en gras-uie in die voedselwerker of sny dit alles min of meer dieselde grootte maar taamlik fyn. Voeg by die blomkool en roer by die komkommer, tamaties, suurlemoensap en olyfolie - sout en peper na smaak. Garneer met suurroom voor dit bedien word.

Maak jou spekworsies in 'n tikkie olyfolie in 'n pan gaar en bedien saam met 'n stewige skeppie van die tabbouleh-slaai.

Vir 'n bietjie variasie kan hierdie tabbouleh ook met hoenderborsies of die snit van jou keuse instede van spekworsies bedien word.