20
Mon, May

Vegetables
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

As jy later vandag perdalkies (soos Pieter Pieterse vanmelewe altyd gesê het) by die bekende groentewinkel op die hoek verby ry, moet jy sommer dadelik stop en vir jou die grootste koolkop op die rak gaan uitsoek. Snuffel ook sommer ‘n bietjie verder tussen die rakke rond en kyk watter ander pragtige, “groentegoeters” jy raakloop en wat dalk handig gebruik kan word by die gereg wat ons vandag gaan leer om te “kook” – want Boeta – hier kom ‘n ding! 
Een van die interessantste dinge in ons gewilde reeks “kookartikels” is hoe dikwels dood-gewone mense dit regkry om die allerheerlikste disse uit doodgewonde winkelkosste op te dis. “n Mens is werklikwaar nooit te oud om te leer nie en van kosmaak kan geen mens sekerlik ooit genoeg weet nie. (As ‘n mens dink aan die hoeveelheid maaltye wat die gemiddelde huisvroutjie in ‘n gemiddelde leeftyd vir die gemiddelde huishouding moet voorsit, is dit tragies dat sommige mense nie toenemend met kosmaak eksperimenteer of nuwe metodes en style beproef nie. 
Elk geval – ‘n lang storie om by die koolkop uit te kom. Pieter Cilliers – ‘n doodgewone man van Rustenburg – wys vandeesweek vir ons hoe om ‘n smaaklik koolgereg met die minimum moeite en koste voor te berei. Pieter (en Sanet) maak dit so:

Bestanddele:
1 medium koolkop; 
1 of 2 groot uie – hang af van jou smaak;
1 of 2 groenrissies
250 g sampioene
1 kg maalvleis;
Sout en peper;
Olyfolie;
Kaas (250 tot 500 ml)
4 eiers;
2 eetlepels masala (opsioneel);

Metode:
Sny helfte van kool op in fyn repies; 
Braai opgesnyde kool in olyfolie in ‘n wok of ‘n skottel tot gaar – voeg Masala, sout en peper by na smaak;
Voeg maalvleis by die gebraaide gaar kool en meng goed;
Plaas gemengde kool en maalvleis in ‘n oondbak;
Klits die eiers en gooi dit oor die mengsel;
Plaas in oond en bak tot eiers gaar is teen 180 °C vir nagenoeg 30 minute;
Rasper ‘n dik lag kaas oor die gereg en plaas terug in oond tot die kaas goed gesmelt en heerlik loperig is;
Bedien warm met lekker blatjang, beetslaai of ‘n mengelslaai.
Pieter se Koolgereg is nogal baie soos pasta in die sin dat ‘n mens feitlik enigiets kan bygooi om die gereg te “rek” of dit ‘n ander karakter kleur, of smaak te gee. Groentes soos aartappels, uie, wortels, sampioene is ideaal hiervoor. Net so met die sousie – geniet dit!