20
Mon, May

Chowder
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dis mos nou nie ‘n kwessie nie: Winter is soptyd. Maar mens raak ook bietjie uitgeëet aan groentesop en boontjiesop. Hoekom probeer jy nie dié mielie-chowder nie? Dit is propvol geur en jy kan hom soveel byt gee soos wat jy wil. Die chowder neem ook nie baie lank om voor te berei nie – ideaal om gou op ‘n wintersmiddag voor te berei as die hongerpyne, soos wat dit tog maar in die winter gereeld gebeur, begin knaag.

Vir die mielie-chowder gaan jy die volgende benodig -

Bestanddele:

500g Mielies
Groot Wortel, in ringetjies gesny
250ml Hoenderaftreksel
Paar spriete ‘Spring onions’, fyngesny
2 klein Chilies (1 rooi, 1 groen)
10ml Knoffel (of na smaak)
10ml Paprika
200ml Melk of 125ml Room
Sout en Peper na smaak
500g Varkspek of Kassler tjops, vooraf gebraai en in stukkies gesny
Bietjie botter of olyfolie om in te braai

Metode:

Braai wortels en knoffel in botter of olyfolie.
Voeg mielies en chillies by en roerbraai.
Geur met paprika, ‘spring onions’, sout en peper
Voeg nou die hoenderaftreksel by en prut vir 10 minute.
Roer melk/room by en prut vir ‘n verdere 5 minute.
Roer varkspek/Kassler tjopstukkies by
Dien warm op.