20
Mon, May

Thick and/or Creamy Soups
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Margaret van Heerden is ‘n raakvatvrou wat nie kan stilsit nie. Sy is betrokke by haar kerk waar een van haar pligte die organiseerder van spyseniering is. Sy is verder gewild as ‘n spysenier by plaaslike skole en doen alles van ‘n braai en slaaie tot ‘n aansitete. Sy het haar self leer kosmaak.

GROENTESOP VIR DIE WINTER

Deur Margaret van Heerden

Bestanddele
• Pak sopgroente
• Halwe pak gort
• Beef stock
• Groentesoppoeier
• Bruinuiesoppoeier
• Peper
• Sout
• Tamatiepuree
• Maalvleis of kookvleis
• 4 liter water

Metode
• Kook vleis tot sag.
• Voeg die gort en groente by en kook tot sag.
• Voeg al die ander bestanddele by en kook sowat 'n uur.
• Bedien met 'n broodrolletjie.