20
Mon, May

Thick and/or Creamy Soups
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Herman Lensing is ‘n bekende kosskrywer en deel graag sy resep vir harissa-hoender-en-pampoensop.Dit het ‘n heerlike meditereense geur en is vinnig gaar. Die lekkerste van kosmaak vir hom is die kuier om die kospotte.
Deur Herman Lensing

Bestanddele:
• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 g pampoen, in blokkies gesny
• 30 ml gerookte paprika
• 45 ml harissapasta (te koop in byna elke supermark)

• 450 ml hoenderaftreksel
• 5 ml fyn kaneel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 gaar hoender, van die been afgevlok

Metode:
• Verhit die olyfolie in 'n mediumgrootte-kastrol. 
• Voeg die knoffel en pampoenblokkies by en braai vir 5–8 minute. 
• Voeg die paprika, harissa en hoenderaftreksel by, verlaag die hitte en laat stadig kook vir 10–15 minute of tot die pampoen sag en pap is. 
• Voeg die kaneel by, giet in 'n voedselverwerker en verwerk tot 'n gladde mengsel. 
• Voeg die gevlokte hoender by, meng deur en geur goed met sout en peper. 
• Sit voor met vars brood. Genoeg vir 4-6.