20
Mon, May

Platters
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Agri-Pulse-Vryburg – `n Geselligheid of twee saam met vriende en familie is nie dieselfde sonder heerlike peuselhappies en `n melkskommel of drankie nie.

Na Desember laat die nuwejaarsvoorneme almal besef dat dit `n nuwe geleentheid is om beter na jouself te kyk - en `n kilogram of twee te verloor.
Inwoners reg oor die Noordwes en Noord-Kaap het die tweede maand van 2019 met `n glimlag begroet, dankbaar om die ellelange  Januarie agter te laat.  
Die maand wys gesondheidsghoeroe, Angelique van Vreden, hoe jy `n verskeidenheid omelette kan maak.
Nie net is dit watertandlekker en boonop gesond nie, maar het jy nie baie bestanddele nodig om lekker te eet nie.
Die omelette kan in `n pan of in die mikrogolfoond voorberei word.
Gebruik `n omelet-tupperware- bak om die perfekte vorm te kry. 

*Maalvleisomelet
Benodighede: (maak sowat vier omelette)
250g maalvleis
1 blik tamatie-en-eie smoor
1 tamatie in blokkies gesny
`n halwe avokadopeer in skywe gesny
Gerasperde Chedderkaas
1 skyf feta-kaas

Omelet:
Benodighede
3 eiers
Sout
Peper
Aromat
10ml melk
Margarien of botter

Hoenderomelet
1 beenlose hoenderborsie (in oond gebraai)
1 skyf feta-kaas
1 soetrissie in skywe gesny
`n halwe avokadopeer in skywe gesny
1 halwe komkommer
1 tamatie in blokkies gesny
2 eetlepels mayonnaise

Tunaomelet
1 blikkie tunavis
5 eetlepels mayonnaise
1 halwe komkommer
Gerasperde Chedderkaas
`n halwe avokadopeer in skywe gesny
1 skyf feta-kaas

Maak so:
Breek drie eiers in n mengbak.
Voeg dan die sout, peper en Aromat by. Die hoeveelheid kan van smaak tot smaak verskil.
Gooi die 10ml melk by en klits goed saam.
Smelt `n teelepel margarien of botter in `n pan op die stoof (matige hitte) en voeg die eiermengsel daarin.
Sit deksel op die pan en wag dat die eier set.
Wanneer eier geset het, maak los van kante en draai om. Keer uit op ‘n bord, garneer en bedien.
Vir omelette wat in die mikrogolfoond gemaak word, gebruik dieselfde bestanddele.
Meng alles saam en voeg in die omelet tupperwarebak.
Sit in mikrogolfoond vir sowat twee minute, haal uit, garneer en bedien.