20
Mon, May

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Pampoen laat jou hare krul. JP Myburg is ‘n joernalis in die Kaap en het op Stilfontein grootgeword. Hierdie resep het hy baie tannie Poppie van Kokkedoor-faam gegaps en dit is heerlik as ‘n bykos by ‘n Sondagmiddagete of selfs ‘n braai.

Heerlike pampoentert
Deur JP Myburg
(oorspronklik deur Tannie Poppie van Kokkedoor-faam)

Bestanddele:
• 1 koppie suiker
• 5 tl koekmeel
• 1 tl sout
• 2ml fyn kaneel

• 55 ml ongesoute botter, gesmelt
• 3 koppies fyngemaakte, gaar pampoen
• 1 koppie room
• 3 eiers

Metode:
• Verhit oond tot 150°C.
• Sif droë bestanddele saam in 'n mengbak. 
• Voeg res van bestanddele by en meng goed. 
• Skep in gesmeerde tertbak en bak so ongeveer 90 minute. 
• Ek strooi gewoonlik bietjie fyn kaneelsuiker oor die tert sodra hy warm uit die oond kom. Bedien dadelik.