21
Thu, Nov

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In ons “Raak die ‘klits’ kwyt van verlede week het ons vertel hoe ons vir die eerste keer by ‘n groepie vriendelike dames op ons buurdorp Brits gaan besoek aflê het en al te lekker bederf is. Die kuier vorm die afgelope bykans ses maande al deel van ons huidige reeks kos-, eet-, kuier- en kosmaakartikels met voorslagdames van die Vrouelandbou-unie se Platinastreek. Die reeks word vir ons deur Pam van Rensburg - voorsitter van die Platinastreek gekoördineer en ons is werklik dankbaar, wat nog nooit voorheen het ons kookartikels met soveel gesag aan die kombuisdeur geklop nie.

Ons het verlede week ook vertel dat die dames van Brits inderdaad ‘n klompie voorslagvroue is vir wat blykbaar lankal reeds besef het dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop. Baie mense sê hierdie is ‘n ouvrou-storie - ek wonder darem... Elk geval - vandeesweek - net soos verlede week is ‘n absolute hoogtepunt...

Denise Swanepoel het vir ons vir hierdie kooksessie sommer twee “disse” gemaak waarvan ons die eerste hierdie week “behandel”. En “behandel” het ons goed - soos enige persoon ongetwyfeld sal doen wat se paaie sou kruis met hierdie wonderlike Baklava-kaaskoek. Ja, jy het reg gelees. As jy nog altyd ‘n onvergelykbaar-lekker kaaskoek wou maak, trek gou die skryfgoed nader - ‘n beter voorbeeld as hierdie een van Denise sal jy kwalik kry... Kaaskoek kry ‘n mens omtrent oral en in omtrent in alle geure en smake - Baklava het ‘n Griekse oorsprong en hierdie twee is ‘n kombinasie wat baie moeilik geklop kan word. Denise maak dit so...

 

 

Bestanddele
1¼ koppie strooisuiker 
¼ koppie water
½ koppie heuning
½ teelepel kaneel
50g amandels fyngekap
10 velle filo-deeg
125g botter gesmelt
500g roomkaas
250ml suurroom
3 eiers
5ml Vanilla

Metode
Smeer ‘n 25cm-losboompan. Smeer elke filo-vel met botter en plaas in die pan. Kook ‘n ½ koppie strooisuiker, water, heuning en kaneel stadig vir 15 minute. Laat afkoel. Klits orige suiker met roomkaas, suurroom en eiers tog glad. Voeg Vanilla by. Gooi die helfte in die filodeeg, gooi van die neute en stroop en gooi dan die laaste roomkaas en dan weer neute en stroop. Hou ‘n bietjie stroop oor. Bak vir 60 tot 70 minute teen 170°C. Maak dan die oonddeur oop en laat afkoel. Gooi die laaste stroop oor met die opdiening.