21
Thu, Nov

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Groot opwindinding het onlangs by die Waterfall Mall geheers toe ‘n koekversieringskompetisie met “Alice in Wonderland” as tema aangebied is en Rustenburg se baasbaksters en koekkunstenaars het nie op hulle laat wag nie. Rustenburgers en besoekers aan die Waterfall Mall het behoorlik na die asems gesnak by aanskoue van hierdie “kunswerke” - dit is moeilik om te dink dat daar soveel mense met wonderlike talent in ons pragtige stad is.

Vir hierdie uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” het ons by Danelle Cresswell, voorsitter van Rustenburg se Suikerbekkies Suikergild gaan kers opsteek. Danelle verduidelik vir ons hoe om ‘n pragtige koek op ‘n spesiale manier te “versier”
Koekversiering – Als Behalwe Uit Die Oude Doos

Danksy verskeie TV programme en celebrity bakkers, het koekversiering teruggekeer as een van die populêrste stokpertjies. Weg is die dae van spierwit oorgetrekte vrugtekoeke met formele blomruikers – nou is dit kleurvol, topsy-turvy, replikas van gunsteling karakters, plekke of films, en soms net pleinweg swaartekrag tartend.

Gelukkig vir `n stokperdjie bakker, is meeste van die tegnieke eintlik so eenvoudig dat enige iemand, met `n bietjie oefening, soos `n meester kan lyk! Hier is `n paar riglyne om self die volgende treffer op die koektafel te maak.

Hoe om `n koek met fondant oor te trek:

Fondant is die wit versiersel wat gewoonlik bo-oor die marsepyn laag (wat amandelgeurig is) van `n vrugtekoek getrek word. Dit staan ook bekend as Pettinice of plastiese versiersel, as gevolg van die versiersuiker se vermoë om so glad en lasloos oor `n koek getrek te kan word. Die fondant kan vooraf gekleur word met gel of poeier voedsel kleursel, nie die waterbasis kleursels wat dit taai sal maak nie.

Benodighede
Koek, op `n gepaste grootte, plat koekbord, gelyk gesny en gecrumbcoat met `n dun lagie botterversiersel 
Fondant, sien riglyn vir hoeveelhede
Voedsel kleursel; gel of poeier
Wit margarien; Woodenspoon of Holsum
Poeier versiersuiker
Koekroller
2 Fondant Smoothers – opsioneel
*Bestandele en toerusting is beskikbaar by Pack n Spice (Delta str. 8, Marbé Businesspark), Top Treat (Safarituine Winkelsentrum) en Ronipret (Noordvaal Sentrum)

1. Knie die fondant, soos brooddeeg, met `n bietjie Woodenspoon/Holsum om dit elasties te kry. As die fondant te sag of taai word, voeg klein bietjies poeier versiersuiker by. Die elastisiteit verhoed dat die fondant kraak, so maak seker dat dit goed geknie is.

2. Sprinkel die werksoppervlak met poeier versiersuiker en rol die fondant egalig uit tot`n dikte van ongeveer 5mm.

3. Vryf `n poeierlagie versiersuiker op die oppervlak van die fondant om te keer dat dit vas plak.

4. Rol die fondant op oor die koekroller, dra dit liggies oor na die koek en ontrol dit sagies van een kant van die koek na die ander. Maak seker dat die fondant die hele koek bedek en die oortollige fondant ruim oorhang aan alle kante.

5. Met een plat hand, vryf die fondant glad vanaf die bokant van die koek, oor die rand en tot aan die onderkant, terwyl die ander hand die oortollige fondant baie liggies weg trek om plooiing te voorkom. As die koekbord saam oorgetrek word, vryf die fondant hieroor ook plat en glad.

*As dit `n vierkantige koek, of enige koek met hoeke is, vorm en vryf eers die fondant om die hoeke, en gaan dan voort soos bo genoem.

6. Wanneer die fondant glad oor die koek getrek is, vryf liggies met die hand oor die hele koek om te verseker dat daar geen lugborrels tussen die koek en die fondat is nie. As daar is, werk dit liggies uit na die onderkant.

7. Sny die oortollige fondant af met behup van `n skerp mes – verkieslik een sonder tandjies. Druk die rand van die fondant netjies plat teen die koek.

8. Gebuik die fondant smoothers, of net `n hand, om die koek seepglad te vryf.

Siedaar! Die perfekte basis vir `n uitsonderlike koek-skepping.

As die gogga gebyt het na die eerste probeerslag, kom besoek gerus die Suikkerbekkies vir een van ons demonstrasies. Vir meer inligting, kontak Danelle Cresswell by 082 508 5004 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

(Foto-illustrasies - Caitlin Wentzel, www.sugarcraft.com)