27
Mon, Jan

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Met die opwinding van die Olimpiese Spele in die lug is daar sommer nog baie om oor die volgende week of wat na uit te sien. Dis darem wonderlik om te sien watter verskeidenheid sportsoorte daar nou al by die spele te sien is. As daar eendag in die toekoms dalk 'n medalje vir 'n lekker koek of iets soortgelyk op die spel sou wees, kon Jolene Fourie van Rustenburg Herald se lemoenkoek dalk 'n finalis wees.
Bak vir jou gesin hierdie heerlike koek vir 'n "aptytwekkertjie" so kort voor die atletiekprogram se hoogtepunte hierdie naweek aanbreek.
Vir sommige mense dalk 'n bietjie aan die soet kant, maar propvol vitamine C!

 

Beslag:

¾ koppie melk
1 koppie suiker
3 eiers
¼ teelepel sout
4 eetlepels botter
1½ teelepel bakpoeier
1½ koppie koekmeelblom

Stroop:

1¼ koppie suiker
2 eetlepels botter
1 koppie kookwater
1 koppie vars lemoensap
2 teelepels fyn gerasperde lemoenskil

Metode beslag

Kook melk en haal van die plaat af, voeg die botter by. Klits die eiers goed en voeg suiker by in 'n ander bak. Sif die droë bestanddele en vou in eiermengsel in. Voeg die melk by en meng goed. Bak vir 25 minute teen 200°C.

Metode stroop

Kook die suiker, botter en koppie water vir 5 minute. Laat afkoel en voeg die lemoensap en gerasperde lemoenskip by. Sodra die koek uit die oond kom, gooi die warm stroop bo-oor en maak met 'n skerp mespunt prikkies in die koek sodat die stroop lekker diep kan intrek. Bedien met vla, room of roomys. Ons dink die ou gunsteling Ideal melk - sal inderdaad ideaal wees.
Jy kan dit egter ook net so geniet - maak seker die tee het lekker sterk getrek en skep 'n tweede porsie - die koek is regtig vreeslik lekker!