20
Mon, May

Confection
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Een van die bekendste insidente uit die Bybel waarby almal van ons in ons kinderjare aanklank gevind is, is die verhaaltjie van Christus wat sy dissipels berispe omdat hulle die kinders probeer verhinder om by Jesus te kom sit. Christus spreek die dissipels aan met die bekende woorde “laat die kindertjies na My toe kom…” Natuurlik is daar in die Bybel ook talle ander verwysings na kinders en hul weerlose onskuld. 
Op die vooraand van Kersfees is Jesus se liefde vir en besorgdheid oor die kinders iets waarmee die meeste van ons kan assosieer. Daarom dat daar so baie projekte is om die Kerstyd vir ons kinders iets spesiaals te maak – veral teen die agtergrond van die tye waarin ons leef… 
Michelle Nieuwoudt van die Chistelike Maatskaplike Raad se Rustenburg-tak is iemand wat intiem vertroud is met die situasie van baie kinders vir wie die lewe nie “sy” beste kant gewys het nie. Haar deernis vir kinders val ‘n mens met die eerste ontmoeting onmiddellik op. Maar dit is nie net kinder wat aan die ontvangkant van beproewende gebeure en omstandighede staan nie. 
“Baie keer word ek moedeloos en dan wi l ek sommer handdoek ingooi, maar dan herinner Psalm 82:3 my weer aan die opdrag om na die armes en behoeftiges om te sien en hulle te versorg”. Inderdaad – gelukkig is ons wat in hierdie dae in gelukkige huise saam met vriende en geliefdes by volgepakte tafels kan aansit. Ons het Michelle gevra om vir hierdie laaste uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt, ietsie spesiaals vir die kinders aan te slaan. Michelle se keuse was ‘n Kersfees-skuimpiepoeding…

Bestanddele:
18 skuimpies; 
1 pakkie geglanseerde keursies;
1 pakkie pekanneute;
1 pakkie Orley Whipp (room – altwee sakkies);
1 blikkie Karamel gekookte kondensmelk;
100s’& 1000’s (kleurstrooisels);
4 Cadbury Flakes (gekrummel);

Metode:
Gooi al die olie van die blikkie kondensmelk af. Klop die room met’n elekteise klitser net tot styf. Vou die gekookte kondensmelk en room saam – nie klits nie – invou… Pak ‘n lag skuimpies en gooi room en kondensmelkmengsel oor die lag skuimpies. Pak kersies en neute bo-op die mengsel. Strooi met 100’s & 1000’s asook Flake… 
Pak 3 tot 4 lae. Op die boosnta lag pak die skuimpies bo-op en veriser met kersies, netue, 100’s & 1000’s en Flake. Die poeding moet oornag staan. Dié skuimpiepoeding is ‘n uitstekende idée vir Kersdag en die kinders is aboluut dol daaroor. Grootmense met soettande sal dit ook baie geniet.