20
Mon, May

Vegetables
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Wie weet, dalk is die Corona-virus van 2019 een van die mooi dae iets van die verlede en kan ons weer al te lekker saam met vriende om die braaivuur of sommer in die kombuis kuier. Kosmaak bly mos maar een van ons Suid-Afrikaners se gunsteling-aktiwiteite en om saam na ‘n rugbywedstryd op TV te kyk terwyl “iemand” intussen in die kombuis die panne en kastrolle laat ratel bly maar een van die hoogtepunte van enige naweek of vakansie. As Corona egter nog lank saam met ons is en jy dalk in hierdie dae van inperking sommer net ietsie lekker vinnig en gesond wil optower, is hierdie miniatuurpizzas net die ding vir jou. Ons gashere – Annelize du Plooy en haar twee mooie dogters, Danelle en Shenelle noem hierdie “lae-kalorie pizza” maar ons dink dit klink sommer gaaf op die oor om te sê “pampoenpizza” Jy maak hierdie lekker vinnige smulgereg so:

Bestanddele:

3 botterskorsies (butternut)
1 ½ koppie kaas
‘n teelepel of twee van jou gunstelingspeserye
1 blikkie tamatie- en uiesmoor

Metode:

Sny die botterskorsies (net die voorste gedeeltes voor jy by die pitte kom) in 2 cm skyfies. Sprei of smeer ‘n oondbak (of twee) met Spray n Cook. Plaas in oond en bak teen 180 °C tot goed gaar. Haal nou die botterskorsies uit die oond en bedek goed met gerasperde kaas en tamatie- en uiesmoor.
Plaas terug in die oond en laat kaas lekker smelt tot sag en amper stroperig. Haal uit, rond af met speserye van jou keuse. Laat effens afkoel en bedien – bon appetite!