20
Mon, May

Last week's edition of "What's Cooking" was the first of a mini series of seven articles on International dishes and recipes which, amongst others, will feature at the Rustenburg church - Vantage Point's International Food Festival on Friday, 27 May. Food from around the world is the theme for this Food Festival and strangely enough, Vantage Point congregation is fortunate to indeed have several "international" families among its "sheep".
The Vantage Point Food Festival is a community outreach project and aimed at spreading the love of Jesus Christ to literally all corners of the world. Well-known international dishes such as Italian, Greek, Portuguese, Indian, German, and yes, even Korean will be available at the festival. For visitors there will also be coffee, tea, cake and live "café" music. Please take note - there is no entrance fee for the occasion and small "meals" are offered at R15 per portion in order for visitors to taste as many dishes as possible. Food stalls are still available for the occasion and interested parties are encouraged to contact Elize on 079 712 0754.

Read more …RUSTENBURG HERALD GOES KOREAN...

Nou kyk, vandeesweek se "kook" sit nie sommer in enige ou se broek nie - ons huidige reeks se naam is nie verniet etnies/kultureel-tradisioneel nie. En nee, ons praat nie van die kok of sjef se broek nie - ons praat van die broek van die man of vrou wat die servet mooi styf by die boordjie gaan indruk en dan wegval aan 'n bord "so tradisioneel as wat jy kan kry" - gebakte mosterdtong! 
Ja, sommige mense sal dié "lekkerny" huiwerig opsy stoot en vir iets anders vra terwyl ander al geleer het dat van die lekkerste "goed" bo of onder die water in baie gevalle 'n bietjie buitengewoon is. Vir voorstanders van etnies/kultureel-tradisionele geregte kan ons egter kwalik iets beters as tong voorsit. Mev Orpa Boonzaaier - vir baie jare 'n inwoner van Rustenburg (behalwe vir die vinnige wegloop saam met Kleinboet Warmbad toe) en vir nog langer - iets soos 60 jaar 'n geesdriftige lid van die Vrouelandbou-unie - wys vandeesweek vir ons hoe om 'n absoluut heerlike gebakte mosterdtong te maak. 
Gebakte mosterdtong (bedien 6 persone)

Read more …TANT ORPA SE GEBAKTE MOSTERDTONG

For the past seven weeks already, Rustenburg Herald's cooking page has published a mini series of international recipes which will be among those featuring at Rustenburg church, Vantage Point's International Food Festival on Friday, 27 May 2016. The Food Festival will be featuring recipes from Korean, Mexican, German, English and Indian origin (and others) and is aimed at bringing communities together and of course, introducing the congregation some 2.5 km from the Waterfall Mall on the R24. (See article elsewhere in this edition).

In the very last edition of this, (except for our visit to the Food Festival on Friday) we are guests in the kitchen of Paul and Vash Arunachellam - an Indian couple and devoted members of Vantage Point congregation.

As "traditional" is also important at the food festival - Paul and Vash have prepared an age-old Indian favourite... Biryani, sometimes known as biriyani or biriani, is a mixed rice dish originating in the Indian subcontinent or Persia. It is popular throughout Middle East, Central Asia and South Asia. It is made with spices, rice and meat or vegetables. The word "biryani" is derived from the Persian language, which was used as an official language in different parts of medieval India, by the various Turkic and Mughal ruling dynasties of Central Asian origin. One theory is that it originates from "birinj", the Persian word for rice. Another theory is that it derives from "biryan" or "beriyan" (to fry or roast). A rice pilaf with meat, called büryan is made by the Turkish and other Muslim communities of Macedonia.

Read more …CHICKEN AND MUTTON BIRYANI

Noudat dit vir ons lyk of ons tog vanjaar 'n bietjie reën gaan kry en of die uitmergelende hitte van die afgelope paar dae voorlopig iets van die verlede mag wees, was dit lekker om 'n baie tradisionele "boeregereg" nader te trek. Ons is tans besig met 'n reeks oor etnies/kulturele tradisionele geregte en daar is min twyfel dat bobotie (Boerebobotie) in Suid-Afrikaners se smaak val. Maar moenie 'n fout maak nie - bobotie is nie noodwendig tradisioneel Suid-Afrikaans nie - wat nog te sê van Afrikaans. Nee, bobotie in sy oorspronklike vorm is 'n Maleise gereg wat sommer baie by ons boerevolkie aanklank gevind het en vandag seker een van die gewildste geregte in ons land is.
Nouja, van reën gepraat - terwyl dit lyk of die reën nou enige tyd gaan uitsak en ons vir 'n wyle met 'n nuwe "asem" en geur gaan verfris, het ons by Nanette Robinson - die Platinastad se nuwe Mev Rustenburg gaan kuier. Nanette en haar ma (Nettie) het vir ons 'n regte Boerebobotie en geelrys voorberei - en dit sal 'n sonde wees as ons nalaat om te noem dat die twee (Nettie se resep) sekerlik die lekkerste weergawe is waaraan ons nog die voorreg gehad het om weg te val.

Read more …BOEREBOBOTIE EN LEKKER GEELRYS

Om een of ander rede het dit ons opgeval dat 'n goeie tradisionele resep (en 'n egte stukkie kultuurerfenis) nog maar selde ons "Raak die 'klits' kwyt" gehaal het. Met die reënerige weer van die afgelope week of wat kon ons ons tyd waarskynlik nie 'n beter tyd gekies het om hieraan reg te laat geskied nie. Die resep wat ons vandeesweek vir u voorsit, is inderdaad feitlik volksbesit - 'n stukkie kultuur en geskiedenis en vir die afgelope bykans 30 jaar al 'n gewilde staatmaker in die Van Zyl-familie. 
Ouma Junie van Zyl het hierdie resep destyds in die Kook en Geniet raakgeloop en dit met die jare vervolmaak. 
Tradisioneel is dit gepas om 'n heerlike "sagte" piesangslaai saam met jou bobotie voor te sit.
Dit maak dinge baie lekker as jou bobotie soms 'n bietjie aan die warm kant is. Onthou dat al die resepte wat in ons "Raak die 'klits' kwyt" verskyn het, op ons webtuiste by www.rustenburgherald.co.za beskikbaar is. 
Maar nou is dit Bobotie-tyd! Ouma Junie maak dit so: 

Read more …Ó MAAK MENS BOBAAS-BOBOTIE!

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Ok, ok - ons weet, dit is Desember en dit is feitlik elke dag vrekwarm - veral as die wolkies besig is om saam te pak vir hopelik 'n laatmiddag-donderstorm. Daarom nee, Desember is seker nie die beste tyd van die jaar om 'n potjie te maak nie. Maar gesien in die lig daarvan dat Desember die feestyd is en dat mense in vakansiehuise, karavaanparke, kampeerterreine, damme, by gouesand-strande dikwels rondom die vuurmaakplek gaan kuier, kan ons nie anders nie.Meeste van die tyd is hierdie byeenkomste "gewigtig" (baie mense) en daar is baie monde wat gevoer moet word. So ja, wat 'n beter manier om baie mense heerlik te laat smul as om 'n tradisionele potjie aan te slaan? Vir dié takie het ons gaan aanklop by Bernard Janse van Rensburg - 'n man wat gewis weet hoe om 'n potjie te maak. 
Bernard is by die "oord" waar hy in diens is die "spysenieringsbestuurder". Hy is trouens al jare lank 'n kosmaker van formaat - Bernard deel met ons die spreekwoordelike "koning van potjies" - beesstert (hoe dan nou anders?).
Bernard moet op sy twee hande tel hoeveel keer hy nou al met hierdie beesstertresep selfs vooraanstaande potjiekoskompetisies gewen het. Hy word hier bygestaan deur sy seun Adriaan - 'n jonge man met 'n gesonde aptyt moet ons bieg... Ons het die afgelope naweek die voorreg gehad om saam met Bernard en Adriaan om 'n vuur te sit waar ons aan tuisgebakte brood en 'n "ongeskikte" lekker potjie weggelê het - toevallig 'n skitterende kombinasie!
Ons het die Sondag nadat ons al van die rugby vergeet het, steeds van die potjie gepraat - moet tog nou nie hierdie jaar op vakansie gaan sonder om hierdie wonderlike resep van Bernard in te pak nie, daar is nogal 'n groot verskil tussen 'n potjie en 'n POTJIE!

Read more …BERNARD SE POTJIE GEE BAIE MONDE KOS...

AgriPulse-Vryburg – Met die heerlike reën wat verlede week in die omgewing geval het, is die koue winter nou behoorlik op ons.

Alhoewel winter kenmerkend is vir sy heerlike warm bredies en geurige kookkos, is mens mos nou ekstra lus vir aanhoudend peusel. Die 22-jaarige inwoner van Vryburg, Franco King, wys lesers die maand hoe om vinnig en goedkoop geurige Natchos voor te berei. “As kind was kosmaak in ons huishouding altyd ons spesiale familie tyd. Wanneer my ma by die huis gestop het na werk het almal gewoonlik begin help om die kos voor te berei. Elkeen het sy eie “werkie” gekry wat veroorsaak het dat voor jy jou oë uitvee was die kos klaar en kon ons verder gesels oor die dag en wat alles gebeur het,” het hy vertel. Volgens Franko kan die resep aangepas word afhangende van die gaste / huishouding se smaak. Volg die skakel http://bit.ly/nachoskook en sien hoe die dis voorberei word.

Read more …STIL JOU WINTERHONGER MET DIÉ NACHOS

Daar is onlangs aan hierdie korrespondent gesê dat in Suid-Afrika, en veral hier in die Noordwes, eet ons nie pap en vleis nie – ons eet “pap en marog”. Vir sommige van ons wek die woord “marog” (of “Morogo” soos dit eintlik gespel word) herinneringe van jonk wees en die plaaslewe.
Steeds is daar van ons wat in die stad woon en nie van hierdie wonderlike dis weet nie. Vir ons is dit maar die ou gewone tamatie-en-uie-sousie. Maar glo my, “Morogo” wat voorberei is soos wat Sala en Rebecca van die Agri Pulse dit doen sal jou asem wegslaan. Hierdie eenvoudige (maar ook unieke) resep is ‘n wenner, maak nie saak wanneer jy dit maak nie – of dit nou ‘n Sondagmiddagete saam met die familie is of selfs ‘n bietjie omkoopkos vir wanneer jy en die meisie se pa “lobola” onderhandel.
Ja, om Suid-Afrikaans te wees! Om die tradisionele met die moderne te meng – dít is wat hierdie land so besonders maak!
Na aanleiding van verlede week se pap-resepte maak Sala en Rebecca hierdie week vir ons die eerste van ‘n reeks ‘seshabo’ - disse wat al te lekker saam met pap gaan. Onthou dat dit heel moontlik is om die ‘Morogo’ met spinasie te vervang – maar komaan, wees bietjie eg-Suid-Afrikaans en maak vir jou ‘n lekker Morogo Seshabo. 

Read more …SALA EN REBECCA SE “MOROGO SESHABO” – ‘N TRADISIONELE WENRESEP

AGRI-PULSE – VRYBURG – In our neck of the woods steak is what we eat. Now or then we might add chicken – because you need vegetables too, don’t you?

But, as they say: A change is as good as a holiday. Another piece of proverbial gold is, of course ‘variety is the spice of life’. So, here you have it then: from the heart of ‘boerekos’, we bring you a little taste of Greece.
Moussaka is one of the most iconic Greek dishes. If you haven’t had it before, this is your opportunity. And, as any Greek will tell you, you haven’t really lived until you have tasted it. There are lots of variations of the traditional Moussaka with family recipes giving it a twist or two. The traditional Moussaka recipe consists of sautéed eggplant, ground lamb, a layer of potatoes, and a final fluffy topping of cheese and béchamel sauce. However, Moussaka can also be made vegetarian for non-meat eaters.
Charlize van der Linden visited Vryburg resident, Stella Patsalos, for a taste of this classic Greek dish that can be enjoyed in winter and summer.
Stella, who is a Cypriot, immigrated with her parents at the young age of eight months to South Africa. Besides making mouthwatering Moussaka, Stella is very creative and as a hobby she decorates ceramic plates and sea stones. She also loves writing children’s stories, of which ‘The adventures of Songololo’ are but one.

Read more …A TASTE OF GREECE IN THE KALAHARI

AGRI-PULSE – KLERKSDORP - ‘n Goeie kerrie is soveel meer as ‘n gereg. Dit is gemoedskos, vullend, met net genoeg warmte en byt. JD5 is ‘n huiskombuis/restaurant in Klerksdorp wat smulpape tuis laat voel – asook diegene wat net hou van lekker kos sonder te veel fieterjasies. Die naam is die restaurant se adres – Johannes Duminystraat 5, Roosheuwel, Klerksdorp. Met Bacchus, die Romeinse god van wyn, lekker eet en samesyn, wat teen de muur pryk, weet jy dat jy jou sorge buite moet los en jou oorgee aan die lekkernye waarvoor hy bekend is. Volgens die mede-eienaar en sjef, Bernard Ellis, is hul spyskaart geïnspireer deur gewone en eerlike kookkuns. “Gewoon beteken nie afskeep nie en JD5 spog met ‘n toekenning as beste restaurant deur Restaurant Guru 2021. Ons neem ‘n gereg en gee hom ‘n makeover. Nie te vreemd nie, want mense eet wat hulle ken.”
Ellis en “partner in crime” Lorèn Prinsloo is albei onderwysers met ‘n passie vir kookkuns, lekker eet en mense.
“By JD5 glo ons jy kuier saam met jou vriende – geen wifi, TV en lawaai. Net kuier saam jou besties.” Hy nooi Klerksdorpers en besoekers aan die stad om die restaurant op Facebook te volg en die atmosfeer te geniet en te kom lekker eet.
Klik hier op jou elektroniese toestel of gaan na https://bit.ly/bernardellisbunnychow om na ‘n  video te kyk hoe Bernard kook.

Read more …KERRIE: KOS VIR DIE SIEL

Mieliepap: ‘n stapelvoedsel vir die mense van Suid-Afrika. En maak nie saak saam met wie jy gesels nie, elkeen eet sy mieliepap op sy of haar eie manier: of dit nou saam ‘n lekker stukkie boerewors en ‘n uie-en-tamatie-sousie is of self ‘n krummelpap met ‘n bietjie melk en suiker, om pap te eet is om Suid-Afrikaans te wees.

Die Rustenburg Herald is tans besig met voorbereiding vir ‘n baie spesiale reeks van “sishebo”, resepte wat perfek gaan saam met pap en vleis: ‘n ietsie om seker te maak dat jou man of vrou (of selfs die kinders) nie die All Gold-tamatiesousbottel moet byderhand hou om hul daaglikse pap te geniet nie. Ons het vier baie spesiale kosse in gedagte vir die komende weke se “Rustenburg Herald raak die klits kwyt” maar toe wonder ons ook: weet almal hoe om daardie perfekte pot pap te maak?

Ja, almal van ons het al iewers (by ‘n braai of Sondagmiddag-familiebyeenkoms) ‘n lekker pot pap gemaak. Maar wat van die van ons wat nie krummelpap kan maak nie? En selfs ‘n lekker stywe pap is soms meer ‘n kuns as iets so maklik soos volg die resep. En dan is daar ook die vraag: is dit waar dat sodra jy pap wat brand ruik dit beteken dat jou pap reg is?

Hopelik kan die Rustenburg Herald hierdie week saam met kollega Jabulani Senyatso, ‘n staatmaker wanneer dit by pap voorberei kom, ‘n paar van hierdie vrae antwoord. Jabulani wys vir ons hoe maak mens ‘n lekker stywe pap en dan is daar ook ‘n spesiale pap-tert resep vir diegene wat lus is vir iets meer...

Read more …Jabulani se phutu pap – Lekker saam ‘n braai of in ‘n slaai
Page 2 of 2