Suné Heyneke het al die Mej Klerksdorp-kroon gedra en is ‘n aktiewe blondekop watt daarvan hou om te kamp en die buitelewe geniet. Sy het op skool Verbruikerstudies gehad waar sy leer bak en brou het. Malvapoeding is ‘n gunsteling nagereg.
MALVAPOEDING MET BRANDEWYNSOUS
Marsanne van Diggelen, ‘n verpleegsuster in Klerksdorp, geniet dit om haar gesin met hierdie lekker malvapoeding vir nagereg te verras. Sy bedien dit met vla, maar met roomys is dit net so lekker. Jy hoef nie die brandewyn in die sous te gebruik nie.
KWEPERS - OP TWEE MANIERE...
Hier by AgriPulse se "Raak die 'klits' kwyt" het ons 'n sagte plek vir tradisie - dit bly darem maar 'n feit dat die lekkerste eet- en drinkgoed uit ons mees verslete en geelverblykte resepteboeke kom. Ons het onlangs weer 'n paar van ons lekkerste tradisies opgesoek en soos ons lesers seker opgemerk het, op 'n eenvoudige resep vir die lekkerste amper soos "ingemaakte" kwepers afgekom.
Dit is juis nou weer kwepertyd en vir 'n lekker kombuiskuier was die feit dat Liesl Broeksma van Rustenburg Herald en haar ma (Henriëtte) van Stilbaai oor die Paasnaweek 'n langverwagte reünie gehou het, net die regte geleentheid. As jy nou gou spring, sal jy nog voor die seisoeneinde 'n paar sakkies kwekers in die hande kry. Koop sommer twee - dan maak jy dit op een of twee (of albei) van die volgende maniere:
BAK SAAM MET JACARANDAFM 94.2 SE GERDA
Stellalander-Vryburg- Ons kook saam met Gerda De Sousa, een van die bekende stemme op Jacaranda FM. Gerda is ‘n oudskolier van Hoërskool Vryburg en het in 1991 matrikuleer. Gerda deel haar spesiale resep vir piesangpoffertjies. Gerda sê dis een van daardie wat jy enige tyd en enige plek vir enige maaltyd en enige iemand aanmekaar kan slaan - en dis altyd ‘n wenner. Gerda verklap dat sy van dié poffertjies geleer toe sy eendag deur haar Portugese kookboek blaai op soek na inspirasie. Sedertdien, het sy die resep al bietjie aangepas en gooi sommer ‘n handvol oorryp bloubessies ook by. Dis ook baie lekker met kaneelsuiker.
Follow this link https:https: //bit.ly/kooksaammetgerda en kook saam met Gerda De Sousa
Piesangpoffertjies
‘N MEESTERSTUK OP JOU BORD
Sjef Leon Nel, eienaar van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort, met die nagereg, Sjokoladekoek sonder meel, met ‘n tikkie koffie en die gebakte Camembert- en neutfilo as ‘n voorgereg.
AGRIPULSE – HARTBEESPOORT – Elegant en kontemporêr kunstig voorbereide geregte is kenmerkend van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort en om so ‘n stukkie van die elegansie met lesers te deel, het AgriPulse by sjef en eienaar van die restaurant, Leon Nel gaan kuier. Leon spog met tientalle nasionale én internasionale toekennings en disse op dié spyskaart is van wêreldklas-standaard.
Spesiaal vir AgriPulse se lesers het dié bekroonde sjef sy immergewilde voorgereg, Gebakte Camembert en Neut Filo met ons gedeel. Dié voorgereg is ‘n kunswerk vol geur, kleur en afronding wat beloof om elke smaakknoppie denkbaar te prikkel. Met ‘n tikkie persoonlike panache gekomplimenteer deur jou unieke flair, kan jy jou gaste met die meesterlike delikates as ‘n verwelkominggereg bederf.
Besoek gerus Orange Bistro se webwerf by https://www.silverorangebistro.co.za/
SUURLEMOEN-SOUSPOEDING
AGRI-PULSE – KLERKSDORP - Wintertyd is poedingtyd. Lieflike gebakte poedings met ryk souse, romerige verleidings of die geure van gemmer, sitrus of speserye wat jou binneste warm maak. Salomé Kotzé, redakteur van Klerksdorp Rekord, hou daarvan om nuwe resepte te probeer en hierdie resep uit die Idees tydskrif vir ‘n Suurlemoen-souspoeding het haar oog gevang. Dit is maklik om te maak, smaak soos nog en is die regte medisyne om daardie koue wintergevoel te verdryf.
Bestanddele:
Genoeg vir 6-8 mense
Oondtemperatuur: 180 °C
500 ml bruismeel
350 ml strooisuiker