04
Thu, Sep

AgriPulse - Rustenburg - Daar is iets vertroostends omtrent ‘n pastei vir my; Iets wat amper eerder jou hart, as jou maag, vul.

Miskien lê dit in die assosiasie met kleintyd se gesinsetes om ‘n gesellige tafel.
Toe ek verlede week langs San le Roux se tafel in haar huislike eetkamer aansit en sy skep die geurige pastei op die bord, het ek meteens sommer na my ma verlang.
AgriPulse se kuier by San en Piet le Roux was om te gaan proe hoe dié raakvat vrou se haaspastei proe.
En almal wat die voorreg gehad het om ‘n happie te kon kry was dit eens: Dié pastei is uit die boonste rakke.
As jy dié stukkie goudbruin lekkerte vir jóú gesin wil voorberei, volg gerus San se resep.

So maak jy...

Read more …‘N STUKKIE KINDER-TYD OP ‘N BORD

Agri-Pulse-Vryburg – Gedurende Julie het ons pad gevat na die plaas Grand View in die rigting van Ganyesa.

Hier was gasvryheid, heerlik saamkuier en uitvra na moontlik bekende familielede aan die orde van die dag.
Jean-Mari Reyneke, Huishoudkundeonderwyseres by Tierkloof buite Vryburg, het ons voete onder ons uitgeslaan met haar heerlike spinasie-en-spek quiche.
Die ligte happie, wat ook as middagete voorgesit is, is `n bekende treffer vir baie in die Vryburg-omgewing.
`n Kleurvolle mengelslaai as bykos het die heerlike dis netjies afgerond.
Verder vertel die onnie en ook `n oudleerder van die Hoërskool Vryburg van haar liefde vir skoolhou, die plaaslewe en haar pragtige seuntjie, John-Ryan.

Spinasie-en-spek quiche

Bestanddele:
• 500g spinasie
• 500g sampioene
• 200g fetakaas
• 200 spek
• 6 groot eiers
• 250ml room
• 30ml koekmeel

Metode:
• Gooi die 500g spinasie in voedselverwerker.
• Haal uit wanneer die blare fyn is.
• Vooraf verhit die oond tot 180 °C.
• Voeg die sampioene en spek saam in `n pan en braai oor mediumhitte tot goudbruin.
• In `n mengbak, meng die gebraaide sampioene en spek saam met die feta kaas en spinasie.
• Voeg alles dan in `n oondvaste bak.
• Rasper of krummel nog feta kaas bo-oor die mengsel in die bak.
• Sit in die oond en bak vir 30 minute.