20
Mon, May

Noudat die strengste inperkings van Covid-19 wat kuier en braaivleis verbied, blyk om binnekort opgehef te word, is dit ‘n goeie idee om solank jou spyskaart vir jou eerste sosiale kuier te begin beplan. In hierdie uitgawe bring ons vir jou met groot vrymoedigheid die geheime van sekerlik een van die lekkerste bederfies waaraan ons nog gesmul het, sover dit die holkol in die soettand betref. Al gehoor van ‘n suurlemoenkaaskoek? Kom ons hou jou nie vir ‘n oomblik langer aan ‘n lyntjie nie.
(Terloops – hierdie kaaskoek is so watertandlekker, jy sal nie eers teleurgesteld wees as die Covid-inperkings toe nie opgehef word nie en jou gaste uiteindelik nooit opdaag nie!)

Bestanddele:

1 pakkie Mariebeskuitjies (gekrummel)
80 g (1/3 koppie) botter, gesmelt

Read more …DIE LEKKERSTE KAASKOEK OOIT!

In ons “Raak die ‘klits’ kwyt van verlede week het ons vertel hoe ons vir die eerste keer by ‘n groepie vriendelike dames op ons buurdorp Brits gaan besoek aflê het en al te lekker bederf is. Die kuier vorm die afgelope bykans ses maande al deel van ons huidige reeks kos-, eet-, kuier- en kosmaakartikels met voorslagdames van die Vrouelandbou-unie se Platinastreek. Die reeks word vir ons deur Pam van Rensburg - voorsitter van die Platinastreek gekoördineer en ons is werklik dankbaar, wat nog nooit voorheen het ons kookartikels met soveel gesag aan die kombuisdeur geklop nie.

Ons het verlede week ook vertel dat die dames van Brits inderdaad ‘n klompie voorslagvroue is vir wat blykbaar lankal reeds besef het dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop. Baie mense sê hierdie is ‘n ouvrou-storie - ek wonder darem... Elk geval - vandeesweek - net soos verlede week is ‘n absolute hoogtepunt...

Denise Swanepoel het vir ons vir hierdie kooksessie sommer twee “disse” gemaak waarvan ons die eerste hierdie week “behandel”. En “behandel” het ons goed - soos enige persoon ongetwyfeld sal doen wat se paaie sou kruis met hierdie wonderlike Baklava-kaaskoek. Ja, jy het reg gelees. As jy nog altyd ‘n onvergelykbaar-lekker kaaskoek wou maak, trek gou die skryfgoed nader - ‘n beter voorbeeld as hierdie een van Denise sal jy kwalik kry... Kaaskoek kry ‘n mens omtrent oral en in omtrent in alle geure en smake - Baklava het ‘n Griekse oorsprong en hierdie twee is ‘n kombinasie wat baie moeilik geklop kan word. Denise maak dit so...

Read more …DENISE SE BAKLAVA - KAASKOEK

Vir Rustenburg Herald se “Raak die ‘klits’ kwyt”-kookspan het dit amper ‘n jaar geduur voordat ons uiteindelik vir Christine Hoogdendoorn van die Vrouelandbou-uniei se Mosaiëk-tak in die kombuis en om ‘n tafel vasgepen kon kry sodat sy vir ons kon wys hoe ‘n mens die sogenaamde “skuinskoek” “bak” - of moet ons liewer sê “kook”? En ja, ons skroom nie om te sê dat die wag ongetwyfeld die moeite werd was nie - skuinskoek is regtig ‘n baie, baie lekker happie en ons was al te aangenaam verras met dit wat ons in ons bordjies gekry het. Die naam “skuinskoek” veronderstel seker maar dat ‘n mens ‘n ding soos konvensionele koek in jou bordjie verwag? Seker maar net omdat ‘n mens dit nie ken nie - as iemand sou sê vetkoek - sou almal onmiddellik weet wat ons bedoel... 
Nouja, hierdie week was daar vir Christine geen wegkomkans nie en was ons nie aangenaam verras nie? As ons nou in ons beskeidenheid moet verduidelik wat skuinskoek is, sal die beste verduideliking wees om te sê dat dit presies in die middel van vetkoek en koeksisters is. Dieselfde tekstuur as vetkoek en amper dieselfde struktuur as koeksister. ‘n Bietjie (heelwat?) soeter as vetkoek maar darem nie naastenby so soet soos koeksister nie. Maar dit het iets in gemeen met beide vetkoek en koeksister - dit is werklik baie, baie lekker en ‘n mens sukkel maar om met net een, twee, of drie in jou bordjie tevrede te wees. Trouens, ‘n mens kan heelwat meer skuinskoek as koeksisters in jou bordjie sit en daar sal seer sekerlik nie een oorbly nie...

Read more …CHRISTINE HOOGENDOORN SE SKUINSKOEK - ‘N KAROO-BEDERF

In verlede week se “kook” het ‘n jong kannetjie wat voorwaar sy eie (en boonop heerlike) sjokoladekoek bak, baie van ons geïnspireer om die flukse handskoene aan te trek en in die kombuis doenig te raak. Wat is dan nou lekkerder om die gesin met ‘n vars baksel beskuit, ‘n heerlike tert of dalk die jongste baksensasie in die kookboek te verras? Des te meer as daar ‘n heerlike, luilekker naweek is waarna uitgesien kan word. 
Naweke en lekker lang vakansies moet verkieslik egter nie die enigste tye wees dat ons voorslagdames die resepteboeke begin deurblaai en iets wonderliks in die kombuis “opklits” nie. Onthou – daar is baie spesiale geleenthede soos Vadersdag, (Moedersdag ook pappas) en natuurlik die kleingoed se verjaarsdae wat ‘n opregte poging regverdig! Niemand hoef enige ma te vertel nie dat ‘n tuisgebakte verjaarsdagkoek en ‘n paar ekstra versnaperings vir Boeta of Sus aansienlik meer sal beteken as ‘n koek wat êrens oor ‘n toonbank gekoop is. (Met apologie aan ons tuisnywerhede en soortgelyke instansies – ons besef dat nie almal die tyd, die ywer en die vaardighede het om wonderwerke in die kombuis ‘n alledaagse verskynsel te maak nie). 
Maar nouja, genoeg gepraat en nou is dit tyd vir aksie. Twee mammas wys vandeesweek vir ons hoe om ‘n baksel pragtige kolwyntjies op te tower – hierdie kolwyntjies is sonder twyfel pragtig genoeg vir ‘n koninklike banket (hoewel die kleur in hierdie geval waarskynlik meer by ‘n jong prinsessie as ‘n prinsie byval sal vind. Hoe dit ook al sy – Aspoestertjie kan haar enigste skoentjie agterna gooi vir ‘n spoggerige baksel “cup cakes” soos hierdie. 
Irma Fourie en Lavonne van Rooyen is ons twee baasbaksters en die metode is soos volg:

Read more …PRENTJIEMOOI KOLWYNTJIES

Christene Botes is ‘n bobaasbakker in Klerksdorp. Sy het in die Karoor grootgeworden verbruikerstudies aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar goue bakwenk is om bakpapier in jou koekpanne te gebruik. Hierdie koek is heerlik dekadent.

Read more …PISTACHIO EN APPELKOEK

Marinda du Plessis se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy het vir langer as 20 jaar by Klerksdorp Rekord gewerk en die personeel gereeld met haar heerlike gebak verras. Sy hou van tuinmaak, naaldwerk en is ‘n ywerige doen-dit-selfer. Haar resepte is vinnig, maklik en flatervry.

Read more …DEATH BY CHOCOLATE MUFFINS

Annaleen van  Staden is die hoof van terapie by Sanpark, ‘n rehabilitasiesentrum in Klerksdorp. Sy hou van mense en sê almal verdien tweede kanse. Haar gunsteling nagereg is malvalpoeding met vla, maar sy maak ook gereeld die lemoenkoek. Die lemoenkoek is vinnig, maklik en redelik gesond.

Deur Annaleen van Staden

Read more …LEMOENKOEK

AgriPulse - NOORDWES – In ons maandelikse kuiertjie in voorslagvroue (of mans?) se kombuise waarin ons lesers op Suid-Afrikaners se kosmaakgeheime of voortreflike lekkernye getrakteer word, loer ons in by `n bekende in koskringe, Karin Eloff.
Wat kreawiteit en oorspronklikheid betref, of dit nou in die tuin, die kombuis of spoggerige onthaal plaasvind, staan dié vrou se hande vir niks verkeerd nie. Nie net is sy `n bobaaskok nie, maar is sy ook in dié omgewing bekend vir haar pragtige blommeskeppings. Karin het vir ons gewys hoe `n heerlike heuning- en vyekoek gemaak word. Karin maak dit so:

Read more …SÓ MAAK KARIN HEUNING- EN VYEKOEK...