20
Mon, May

Ons mag nou wel nog nie saam kuier nie, maar kuierkos is nèt die ding om mens solank in die regte luim te kry vir wanneer vriende weer oor jou drumpel kan kom. Die twee vriende wat diè week vir die Tambotiekombuis kook, is Joe Hurter en Jan Haroldt van die Midnight Groep. Diè twee manne hou daarvan om hul gaste met lekker, onopgesmukte kos te trakteer.
Diè week maak hulle ‘n kaasburger, asook ‘n regte kuierstaatmaker, ‘n mengelmandjie. En dan ook, sommer net vir die lekker, gekruide Hoender-‘strips’.

Read more …PEUSEL-PEUSEL KUIERKOS

‘n Slim ou met bewese agtergrond in die sakewêreld het by geleentheid gesê as jy wil seker maak dat jy altyd ‘n broodjie sal hê om te eet of dat daar altyd ‘n aanvraag na jou dienste sal wees, moet jy in die kosbedryf wees…

Vandag is daar seker baie suksesvolle mense wat hierdie stelling kan beaam. Maar ons kan nie help om te wonder of daar nie maar ook net soveel mense is wat kan aanvoer dat die kosbedryf en veral die restaurant- en hotelwese ‘n ondankbare en wispelturige “baas” is wat dikwels nie sy beloftes nakom nie en telkens ‘n neiging openbaar om mense teleur te stel.
Vir Nelia Lewis en haar span by Peglerae Kafee (ja die restaurant by Peglerae-hospitaal) is elke dag veeleisend, dog vol variasie en waarskynlik meer van ‘n roeping as bloot ‘n lekker manier om ‘n inkomste te verdien…

Read more …PEGLERAE SE MONSTER-BIEFTOEBROODJIE EN SKYFIES

Nouja mense, die ouens wat nie vandeesweek met vakansie is nie, het seker nie ‘n “werk” nie - of met apologie aan al ons ywerige tuisteskeppers en natuurlik die mense wat inderdaad ‘n werk het, maar nie so gelukkig soos derduisende ander Suid-Afrikaners is as om die volgende klompie dae - veral die spesiale feesdae - te midde van ‘n heerlike vakansiestemming, te ontspan nie. Aan diégene gee ons graag ‘n bietjie erkenning en aanmoediging deur te sê - “sommige mense moet seker maar werk om te sorg dat die land darem aan die gang bly...?” Sterkte dus aan dié manne en vroue wat in hierdie wonderlike vakansieseisoen vroeg opstaan of laat gaan lê om die ratte van die nywerheid ge-olie en aan die rol te hou... Maar vir die res van ons - wel ja, - dit is vakansietyd en dit is nou nie altemit nie, soos die oumense gesê het...

Read more …MEV RUSTENBURG SE ELSA EN MELISSA MAAK REGTE VAKANSIEKOS...

Rustenburgers wat daarvan hou om die vingers op die pols van die oond, die resepteboek en kombuissake te hou, sal waarskynlik lankal reeds gehoor het van Pamela Mostert, ‘n relatiewe nuwe inwoner van Rustenburg en iemand wat die afgelope nagenoeg twee dekades in ‘n ware kosmaakguru ontwikkel het… Uiteraard is Pamela ‘n groot aanwins vir Rustenburg!

Read more …MAALVLEISROL

Daar is ‘n episode van die gewilde Amerikaanse situasiekomedie (ook bekend as ‘n sitcom), ‘How I Met Your Mother’, waartydens die karakters van hierdie storie die hele New York deur reis op soek na wat beskryf word as die perfekte burger. Elke keer kry hul iets soortgelyks maar tog is daar net daardie besonderse burger wat bo die res uitstaan.
Selfs in hierdie afdeling van die Rustenburg Herald is daar ook al in die verlede gesoek na die perfekte toebroodjie.
Hierdie einste korrespondent het ook al ‘n soortgelyke gereg op die proef gestel en (tot onlangs) homself oortuig dat hy die beste burger in Rustenburg kan maak. Dit is, totdat hy hierdie week se resep geproe het – ‘n toebroodjie soos min, ‘n burger in ‘n klas van sy eie!

Read more …LUNEL SE KAAS- EN BEESFILET-GEVULDE ‘BAGUETTE’- ‘N BURGER IN ‘N KLAS VAN SY EIE

Met die betreklik goeie verteenwoordiging van die Indiër-gemeenskap in Suid-Afrika en in besonder ook Rustenburg, het verskeie tradisionele Indiërgeregte deur die jare 'n gunsteling onder alle Suid-Afrikaners geword. Dit is vir niemand meer nuus dat die lof van kerrie, borrie en ander "warm goed" uit die Indiër-kultuur sommer baie gereeld in kos- en kookprogramme op televisie en radio besing word nie. Wat is nou lekkerder as kerrie-en-rys as die windjie daar buite geniepsig is en 'n mens se maag hongerpyne kry?

Read more …KERRIEVLEIS EN PITABROODGEREG

Of jy nou daarmee grootgeword het (soos ek) of nie - maar vandeesweek maak ons regte smulkos! Dit is darem maar snaaks hoe 'n kind se kop soms werk? Ek onthou goed toe ek nog 'n jong laerskoolseun in ons huis was. Ek was die jongste "spruit" in die huis en natuurlik het my mening of opinie die minste saakgemaak. Ai - ek onthou goed, as 'n opgeskote knaap was ek glad nie lief vir vleis nie - ek kon dus nooit die hele gedoente rondom braaivleis kleinkry nie. Ja, van die aartappelslaai het ek baie gehou. Ook van die braaibroodjies, maar nee, net 'n baie klein stukkie vleis asseblief! 
(In min of meer dieselfde tyd, het ek ook geleer om "groot agting" vir 'n tante van my se sjokoladekoek te hê. My moeder het selde koek gebak want pa was 'n "suurknol" wat nie veel ooghare vir soetgoed gehad het nie. So, tante So-en-So se gebak was vir my heerlik. Totdat my verstandtande op 'n goeie dag heeltemal uitgegroei was en ek 'n wonderlike ding soos kerriefrikkadelle raakgeloop het.

Read more …KERRIEFRIKKADELLE SOOS OUMA DIT GEMAAK HET

Die tyd van die jaar vir luilekker ontspan langs die swembad, in die lapa, die strand of die bosveldplasie is vanjaar sommer baie vinnig op ons en baie van ons het waarskynlik nog nie ons vakansiereëlings in plek nie. Uiteraard gaan loshande die meeste mense dié Desember-vakansie met vriende en familie deurbring en nee, hierdie kuiers is nie regtig geleentheid vir die formele “onthaal” nie. Nee, in die vakansies span sussies, ma’s en tantes en sommer ons mans by die braaivure saam om vir die hele familie en die altyd honger kinders ‘n ietsie vullends te ete te gee. Die idee is natuurlik ook dat ‘n mens hierdie familiekuiers geniet en nie te veel tyd in die kombuis deurbring nie. Vir baie van ons mag dit wys wees om hierdie vinnige maar heerlike hamburger- en vetkoekresepte van Vetkoek Den en Big Big Burger teen die yskas of die koelerboks te plak.

Read more …GROOT, GROOT (BAIE GROOT) HAMBURGERS EN (NIE TE VET NIE) VETKOEK...

Soos ons in verlede week se “Raak die ‘klits’ kwyt” aangekondig het, het ons nou ook die reeks kosmaak-artikels met lede van Rustenburg Rotary afgehandel. Vir oulaas dan (vir slegs drie weke) keer ons terug na ‘n klompie “uitstaande” kookartikels met dames van die Vrouelandbou-unie se Platinastreek en ons rond dié baie interessante en aangename reeks af met ‘n laaste inloer op ons tuisdorp - Koster - waar ons deur ‘n groep raakvat-vroue ontvang is. Soos altyd het ons lekker gesels oor die boerdery en heerlik gesmul aan die eetgoed wat hulle vir ons voorberei het.

In die eerste van drie aflewerings in dié reeks, kuier ons saam met Hettie Liebenberg wat saam met haar vriendin en “kollega” (Nellie Prinsloo - “ons staan saam soos doopouers...”) al die pad van die plaas af gekom het om vir ons te wys wat hulle in die kombuis kan doen. “ On skop hierdie week af met Hettie se baie lekker maalvleisgereg wat in haar kerkkringe gedoop is “eenvoudig maar lekker...” en dit is maklik om te sien waar dié gereg sy nie-amptelike naam kry. Dit is regtig maklik om te maak maar sal ‘n hele tafel vol mans (of gewone mense) vir minstens 10 minute tjoepstil kry...

Read more …HETTIE LIEBENBERG SE MAALVLEISGEREG

Now, last week we have told you what our “Boere-German” restaurateur - Johann Cronjé - does to “wow” patrons at his Savanna restaurant in Munich, Germany and explained that he was actually taught both recipes by the Germans and not the other way round as we would have expected. But when it comes to meat, yes, then nobody can tell a South African how it’s done right? Wrong, says Johann and you’d be surprised to hear that the Germans have a unique and for most of us South Africans, quite excessive taste when it comes to “maturing” a great cut of meat.

But yes as Johann points out - no-one will have to teach a South African how to braai, but perhaps Johann can add a few hints and tips on what the German have taught him on the preparation of meat - whether it’s on the open fire or inside.

But first, a really wonderful and easy monkey gland sauce that you can prepare yourself an hour or so before your guests turn up for an evening around the fire. This will ad some “extra spice” to your evening and in particular your steak!

Read more …HAVE YOUR STEAK (AND EAT IT...)

Suid-Afrika is ‘n land vol tradisies, gewoontes en gebruike en die meeste hiervan is diep gewortel in die verskillende vertakkinge van ons sogenaamde reënboognasie. Neem nou maar braaivleis, hoe lank al kom inwoners van hierdie land nou al oor naweke (of sommer in die week) bymekaar om ‘n vuurtjie aan te steek, ‘n vleisie te braai en lekker om die kole te kuier. Dink net, nie eers die Boere-oorlog van die vroeë 1900’s kon daarin slaag om ons van hierdie gewoonte te laat afsien, of dit te verander nie. Ja, die braaivleistra-disie was diep gewortel in ons land…

Tot so ‘n jaar of tien of dalk ‘n bietjie langer gelede, toe die potjiekostradisie van die Voortrekkers ernstig begin herleef het en al wat leef en beef by feitlik elke moontlike bymekaarkoms minstens een potjie gemaak het… En in baie gevalle moet ons sê, is of was dit gewoonlik nie ‘n potjie wat gebruik is nie, maar ‘n POT! Wat ‘n mens laat wonder het: Waar die idee van “potjiekos” dan nou eintlik vandaan kom – sou “potkos” nie lekkerder op die tong geval het nie of wat?

Read more …DIE KUNS IS IN DIE POT

Toe ek nog 'n klein seuntjie was, het die toneel van 'n klompie skaapwagters wat in die donker nag styf teen mekaar by 'n wintervuur sit, altyd by my opgekom wanneer daar van herderspastei gepraat word. Seker maar die Bybelverhaal van die skaapwagters in die oop veld net buite Bethlehem wat 'n mens altyd sal bybly...
Vandeesweek het dit weer gebeur toe ons hoor dat Rustenburg Herald se "Raak die 'klits' kwyt" by Johan en Hannelie Naudé van die Plaashuiskombuis by Jack Rabbitt in Kremetartlaan gaan aansit. Ons was gelukkig dat die herderspastei pas uit die oond gekom het toe ons daar aanland. Johan en Hannelie is die afgelope rapsie meer as twee maande aan die stuur van sake in die Plaashuiskombuis waar gereelde of nuwe gaste op 'n heerlike en uiteenlopende spyskaart getrakteer word. Jack Rabbitt is eintlik bekend as 'n lekker kuierplek waar die jonges en jonges van gees die lyfies kan swaai en hul gunstelingdrankie kan geniet. Maar moenie 'n fout maak nie - Johan en Hannelie se spyskaart is keurig saamgestel en jy hoef regtig nie by die toonbank te gaan sit en saam met die ander lawaaiwater te drink om die Plaashuiskombuis se heerlike maaltye te geniet nie. 
Johan het ons beloof dat ons sal "terugkom" vir sy herderspastei - ons het twee keer geskep en dit kan nie net aan die yskoue weer toegeskryf word nie.
Die Plaashuiskombuis se herderspastei word só gemaak: 

Read more …BEWAAK HIERDIE LEKKER PASTEI - ANDERS IS DIT NEUSIE VERBY...