20
Mon, May

Dit is nou al baie jare dat Suid-Afrikaners gewoond geraak het aan gunstelinghappies soos eg Italiaanse pizza wat in ‘n stadium so gesog was dat dit as “eksoties” beskryf kon word. Nog ‘n Italiaanse happie (ook ‘n tipe broodjie-gereg) wat deesdae so gewild is dat dit by feitlik elke restaurant of kookhoekie aangebied word, is Italiaanse Tramazini.

Read more …TRAMAZINI A LA ITALIANO

Ons het in die verlede al telkemale met student- en meestersjefs van Rustenburg se eie Professional Cooking Academy in die kombuis gekuier en om die tafel gesit. Vandeesweek maak ons weer so en stel graag vir Annlerie Oosthuizen en Johan Roodt aan ons lesers voor. Die twee is beide jong, maar bedrewe studentesjefs by die akademie en demonstreer in hierdie aflewering vir ons hoe om ‘n spogete met hoender voor te sit. 

Read more …STUDENTESJEFS SPOG MET GEMMER-, KNOFFEL- EN SOJA-GESMOORDE HOENDER

Hierdie week kies ons koers Brigadoon toe – net so ‘n hanetreetjie vanaf die bekende Wigwam Aftree-oord. Sonja Dekker en haar gesin het jare gelede al vir hulle hier ‘n pragtige “wegkruipplekkie” aan die voet van die Magaliesberg uitgesoek en dit is waar hulle naweke hulle heil vind. Met ons inloer was daar boonop kuiermense – Sonja se ma (Annetjie de Villiers) van Klerksdorp het kom kuier en die twee dames het sommer saam ingespring om vir ons ‘n bekende, maklike maar baie lekker hoenderpastei en ‘n ewelekker koolslaai te maak. Dit is ‘n heerlike kombinasie – probeer dit gerus!

Read more …SONJA SKUIL IN SKADU’S VAN MAGALIESBERG EN BAK HOENDERPASTEI

Vir Rustenburgers wat die afgelope week of wat op taamlik gereelde basis by die Rustenburg skou aangedoen het, was die keuse oor wat om vanmiddag of vanaand te eet nogal uiteenlopend. Met minstens vyf kosstalletjies by die skou was daar vir die meeste ma’s sekerlik iets na die gesin se smaak – al was dit dan sommer net kerrie-en-rys – wat inderwaarheid ‘n uitstekende keuse vir dié tyd van die jaar was!

Read more …SMAAKLIKE SOET & SUUR HOENDER “WRAPS”

In die afgelope vier weke se aflewering van Raak die klits kwyt kuier ons in die kombuise van Rustenburgers wat lede van die Internasionale Rotary-beweging is. Rotary International beywer hom vir gemeenskapsprojekte - meestal in sy onmiddellike omgewing - om uit te reik na gemeenskappe waar daar groot behoefte is of aan spesiale projekte wat op fondsinsameling gefokus is sodat hierdie belangrike werk voortgesit kan word. Maar Rotary se mense kan ook al te lekker sosiaal verkeer en kuier - as jy nie ‘n mense-mens is nie, is Rotary waarskynlik nie vir jou nie...

Read more …ROTARY CLUB RECIPES: LEKKER SOET-HOENDERKERRIE

In ons kookrubriek het ons baie onlangs aangekondig dat “Raak die ‘klits’ kwyt” binnekort hoop om af te skop met ‘n reeks artikels oor etnies-tradisionele disse en resepte. Met ander woorde - alles en enigiets van boerepotjie of -bobotie tot Engelse “stew”, Indiese kerries, achthar en “vuurwarm blatjang waarvoor die Indiërs so bekend is,... Dan ook Duitse Bratwurst, Italiaanse pizza of pasta, Griekse slaaie en -eksotiese geregte... Maar ons wil ook by die tafels van ons swart, bruin of “geel” (met apologie) landgenote aansit en sonder enige verwyt, skuldgevoel, agterdog of vooroordeel lepels vol lekker kos in ons bordjies skep en saam met ons gashere wegval aan ‘n koningsmaal - al is dit ook hoe volksvreemd!

Read more …ROTARIËRS SE HOENDERBEDERF

Na verlede week se kook is dit tyd om bietjie meer na ons gesondheid te kyk en daarom het Rachel Morwe van die Rustenburg Herald hierdie week vir ons ‘n besonderse lekker aartappelhoendergereg voorberei. Toe ek en my vrou verlede jaar in Moskou in Rusland was het ons gesien dat veral die Russe lief is vir ‘n gebakte aartappel met ‘n vulsel.
‘n Sekere kitskosrestaurant daar hol die aartappel uit, meng die inhoud met kaas (wat dan smelt) en hierdie mengsel word dan terug in die aartappel gesit. Dan voeg hul ‘n verskeidenheid bolae (waarvan jy jou gunsteling kies) bo-op.
Rachel se resep is baie dieselfde en hoort ‘n wenner te wees as ‘n vinnige aandete vir die hele gesin.

Read more …RACHEL SIT HOENDER OP AARTAPPEL

Elders in hierdie uitgawe (ja sommer ingesluit by die gewone prys) sal ons lesers ‘n interessante bylaag in die vorm van ‘n spesiale ode aan vroue in die besigheidsmilieu onder oë kry. Ja, as ‘n mens hierdeur blaai kan jy sekerlik nie anders nie as om weer eens tot die besef te kom dat ons mans sonder ons vroue maar taamlik ver en diep verlore sou wees.

Mans wat nog nie daarvan oortuig is dat vroue ‘n “grootse skepping” is nie, moet dalk vir oomblik daaraan dink dat jy jou “onstaan en loshande die grootste gedeelte van jou opvoeding en karakter aan jou moeder te danke het? Dit behoort vir baie van ons stof tot nadenke te wees - iemand het by geleentheid gesê - “liewers geen pa as ‘n slegte pa - en liewers ‘n slegte ma as geen ma….

Read more …PIESANG EN KERRIE¬HOENDER¬GEREG

Sedert daar so 'n paar ligte buie reën hier in ons streek uitgesak het, is dit asof daar smiddae en saans so ietwat van 'n koel luggie deur die lapa trek en 'n mens kan dit darem nou weer waag om effens naby aan 'n vuur te staan. Ja-nee, die afgelope Desember-vakansie se temperature is sekerlik nie iets wat ons maklik sal vergeet nie en ten spyte van 'n vakansiestemming was daar seker lanklaas 'n maand waarin mense so min vure aangesteek het.

Read more …PERI-PERI OF "PORTUGESE" HOENDER

Na die kwaai reën van voorverlede week en ‘n paar bitterkoue dae sedertdien spog die meeste spyskaarte met gunstelinge en maklike happies wat die innerlike ‘n bietjie warmer maak en ja, sommer die siel ook verkwik soos die radio elke naweek sê. Foto’s van sneeubedekte berghange op TV en al wat koerant is, is te pragtig maar is nou nie juis iets wat ‘n mens se hart laat warm klop nie nê?

Nee, vir vandeesweek se bietjie warmte sorg Orange Grove Restaurant net ‘n hanetreetjie buite die stad op die Johannesburgpad. Johan en Madeleine Scholtz is die nuwe eienaars van die Orange Grove Restaurant (voorheen van Geelhout Teetuin) waar Johan as sjef die pot aan die kook hou en Sonné Groenwald as restaurantbestuurder optree.
Toe die spyskaart bespreek is, het Johan sterk aangedring op ietsie so ietwat “warms” en ons is uiteindelik met ‘n tradisionele gunsteling verras. Johan se muti teen die winterkoue is niks anders nie as peri-peri hoenderlewertjies met mieliepap – regte winterkos! As jy genoeg vir so 4 tot 5 porsies wil maak, het jy die volgende nodig:

Read more …PERI-PERI HOENDERLEWERTJIES EN MIELIEPAP

Twee koppe is beter as een lui die spreekword mos en wat is dan nou beter as twee susters of broers wat in die kombuis saamspan om ‘n heerlike maaltyd voor te berei? Maar ‘n mens moet net pasop dat jy nie in ‘n woordestrik beland nie – as jy jou in die Kaap bevind en dalk viskop-sop maak kan jy nog daarmee wegkom – maar o wee, pasop as jy hier in die hartjie van “Transvaal” dieselfde met hoender probeer – mense sal dalk die verkeerde afleiding maak as daar van hoederkop of wat-ook-al gepraat moet word…

Nouja, gelukkig weet Beverley Breytenbach en haar sus Vivian Wienand presies wat om met hoender in die kombuis te doen. Klein Loralee Breytenbach sit ook by en help om vir ons al die bestanddele en speserye aan te gee en te help dat ons genoeg inspirasie het terwyl Beverley en Vivian vir ons heerlike pasta- en roomhoender maak. Die resep lyk so:

Read more …PASTA EN ROOMHOENDER

Rustenburg’s ice cold/freezing winter nights are probably shouting for something hot/something new/something easy or something delicious to treat your family and to help them forget the awfulness of the winter of 2018. Then again there are those who don’t mind the winter at all but who love a surprise on the dining table.
Here’s how Pieter Germishuys and his team at the Hedgehog’s Nest Culinary Institute prepare pan-grilled chicken breast fillets in an Indian Korma sauce with coriander, toasted almonds and Naan bread. (Korma is a deliciously creamy sauce with desiccated coconut and a delicately balanced blend of authentic spices with ginger, slight chili and coriander).

Read more …PAN-GRILLED CHICKEN BREAST FILLETS IN AN INDIAN KORMA SAUCE WITH CORIANDER, TOASTED ALMONDS AND...