20
Mon, May

Eiervrug is beslis nie my gunsteling nie – maar wanneer dit vermom word as ‘n mengsel tussen lasagne en ‘n aartappelbak dan sê ek nie nee nie. En ek kry die idee ons lesers sal hierdie week met my saamstem wanneer hul Alma se Griekse Moussaka op die proef stel.

Wees gewaarsku: hierdie tradisionele Griekse gereg bevat bietjie werk en soos Alma van die Rustenburg Herald verduidelik weet jy jou bestanddele is reg wanneer die moussaka se reuk jou hele kombuis oorneem. Maar dit is als die moeite werd op die einde van die dag en min dinge gaan so lekker saam soos ‘n Griekse gereg en ‘n lekker glasie rooiwyn.

Bestanddele:

5 eetlepels olyfolie
3 knoffelhuisies
2 uie, fyngekap
2 blikkies gekapte Italiaanse tematies
2 eetlepels tamatiepuree
500g lamsmaalvleis (of beesmaalvleis)
1 glas droë rooiwyn
2 tot 3 eetlepels vars oreganum, gekap
1 teelepel kaneel

Read more …ALMA SE GRIEKSE MOUSSAKA

Komaan - ons lewe in die 21ste eeu - is dit werklik so eenvoudig om te sê gewilde happies soos hamburgers, hot dogs, ‘n worsrolletjie of die eindelose variasies hiervan is gemorskos?
Miskien was dit nog die geval in die sewentigerjare toe niemand einlik omgegee het wat hulle doen nie.

Vandag is dit ‘n ander storie. Wihan Fourie van Rustenburg Herald en vroulief Wilmé van Van Straten Ouditeure is ‘n paartjie wat nie net “somme” in gemeen het nie - die Fouries is ook bekend vir hul Rusten-BURGERS wat hulle voorberei met die heerlikste papatas (‘n tipe plat suurdeegbrood) wat hier in Rustenburg deur ‘n bekende kafee (Bonanza Supermarket - Joe: 014 596 5323 / 082 647 498) op bestelling gebak word en natuurlik hul eie spesiaal gemaakte geurige “patties”.

Wihan en Wilmé het ons genooi om op ‘n Vrydagmiddag te kom aansit en na die pragtige sonsondergang vanaf hul veranda te kyk terwyl dié twee in die kombuis woeker.
Die geheim lê uiteraard in die vulsel en die spesiale “pattie” - so maak mens!

Read more …AL GEHOOR VAN ‘N RUSTEN-BURGER?

Lany Olivier loves travelling, lawn bowling, sewing and baking. She loves cooking for her grandchildren  her fluffy pancakes are always in demand. Her oxtail stew made the ‘Lany pressure cooker’ way is perfect for a cold winter’s day.

Read more …OXTAIL STEW

Yvonne Myburg van Stilfontein se kleinkinders is haar vreugde. Sy was in haar loopbaan as onderwyseres altyd deur kinders omring en nou vervul haar eie kleinkinders daardie leemte. Ouma Vonnie se soet-suut kerriebolle is ‘n groot gunsteling onder die kleinkinders. Sy probeer gereeld nuwe resepte wat sy op Facebook raaksien.

Read more …OUMA VONNIE SE SOET-SUUR KERRIEBOLLE

Twanay van Wyk woon en werk in Klerksdorp. Sy het al die Mej Klerksdorp-kroon gedra en het ‘n omgee hart vir haar gemeenskap. Hierdie potroast is ‘n gunsteling vir Sondagmiddagete of enige spesiale viering wanneer jy jou gaste wil beindruk.

Read more …SONDAGMIDDAG POTROAST

Marlize Heppell is ‘n kliniese sielkundige in Klerksdorp en hou haar self besig met allerhande stokperdjies om nie verveeld te raak nie. Bobotie is ‘n gunstelingdis op haar Kerstafel en laat haar dink aan warmte, liefde en familie.

Read more …WATERTAND BOBOTIE

Nouja mense, die ouens wat nie vandeesweek met vakansie is nie, het seker nie ‘n “werk” nie - of met apologie aan al ons ywerige tuisteskeppers en natuurlik die mense wat inderdaad ‘n werk het, maar nie so gelukkig soos derduisende ander Suid-Afrikaners is as om die volgende klompie dae - veral die spesiale feesdae - te midde van ‘n heerlike vakansiestemming, te ontspan nie. Aan diégene gee ons graag ‘n bietjie erkenning en aanmoediging deur te sê - “sommige mense moet seker maar werk om te sorg dat die land darem aan die gang bly...?” Sterkte dus aan dié manne en vroue wat in hierdie wonderlike vakansieseisoen vroeg opstaan of laat gaan lê om die ratte van die nywerheid ge-olie en aan die rol te hou... Maar vir die res van ons - wel ja, - dit is vakansietyd en dit is nou nie altemit nie, soos die oumense gesê het... Maar vroue oor die algemeen sal sekerlik van die eerstes wees om te sê dat ‘n vrou se werk nooit regtig heeltmal ophou nie. In die vakansieseisoen is dit eintlik maar net die manne en die kinders wat nou ook by die huis is en as’t ware eintlik onder die vroue se voete is terwyl ma haar met elke dag se take besig hou. Wie anders as ma gaan dan nou in die vakansieseisoen die kleingoed se beddens opmaak, toesien dat hulle magies vol ontbytpap is of seker maak dat die regte vleis vir vanmiddag of vanaand se braai uitgehaal word - ons hoop nou nie daar is manne wat hierdie tyd van die jaar ook verwag dat die vroue in die kombuis moet regstaan nie - dit geld natuurlik darem nie vir die arme ouens wat te midde van hierdie feesatmosfeer moet gaan werk nie...

Read more …MEV RUSTENBURG SE ELSA EN MELISSA MAAK REGTE VAKANSIEKOS...

By Wesley van Zyl

Ingredients:
• 1x 150g pure beef patty
• 200g of mixed fresh lettuce
• 50g of aged cheddar cheese
• 10g raw red onions
• 15g smoked mayo
• 15g tomato sauce
• 1x sesame seed bun
• 1x slice of tomato
• 200g of chips

Read more …"THAT" BURGER

Lizelle Swart van Klerksdorp sê hierdie biltongtert is die perfekte gereg om aanmekaar te slaan as jy iemand se hart wil wen. Dit is heerlik en beindruk dadelik jou gaste - al is jy nie eintlik ‘n bobaaskok nie.

Net die regte tert vir 'n lekker winterkuier.

Read more …BILTONGTERT AS JY HONGER IS

Agri-Pulse-Vryburg – Salomè Scholtz, bekende jong boer en stoetteler in plaaslike Brahman-kringe het onlangs vir ons gewys hoe `n tradisionele beesstert voorberei en bedien moet word.

Tydens die kooksessie met dié oudleerder van die Hoërskool Stella en haar passie vir Brahmane, sal sy mens maklik oorreed om van al jou probleme in die stad/dorp ontslae te raak en ook die plaaslewe met sy vars lug en ooptes na te jaag.  
Salomè vertel dat alhoewel sy `n intensiewe stoet bestuur sy dit veel eerder bo `n kommersiëlestoet verkies.
“Genetika, veral by die Brahmane lê my baie na aan die hart en ook `n hegte verhouding met elke liewe een van die diere in my stoet,” vertel die positiewe vrou.

So maak jy...

Read more …SMAAKLIKE BEESSTERT