20
Mon, May

Hantie Fourie sé die resep vir room hoenderlewers en sampioene is propvol geur en smaak - en dit maak dit 'n wenner. Dit is perfek as ‘n voorgereg of ontbyt en word met vars brood en plaasbotter bedien. Sy is een van ‘n tweeling en saam deel sy en haar broer ‘n skreeusnaakse humorsin. Sy bedryf 'n koffiewinkel.

Read more …ROOM HOENDERLEWERS MET SAMPIOENE

Jakkie Hees is ‘n bemarker by Klerksdorp Rekord en as sy saans by die huiskom is sy nie lus vir kos met fieterjasies nie. As sy wel die dag lus het om kos te maak, trek sy haar resepteboeke nader. Hierdie bunny chow is net die regte gereg vir ‘n Vrydagaand.

Read more …HOENDERKERRIE BUNNY CHOW

Marius Koenig is bekend vir sy betrokkenheid in die gemeenskap as weldoener en sportafrigter. Alhoewel hy gesetel was in ‘n beroep binne die mynwese, lê sport vir gestremdes hom baie na aan die hart. Hy was president van Klerksdorp se Rotariërs in 2018 en woon op dieselfde perseel as sy kinders en kleinkinders waar hy graag agter die kospotte inspring as dit tyd is vir aandete.

Read more …KIP-KIP HOENDERGEREG

Milana Burger is ‘n spysenier wat min bekendstelling in Klerksdorp nodig het. Haar gebak is legendaries, sy kan heerlike kookkos voorsit en al spandeer sy ure op haar voete voor die stoof, het sy altyd tyd vir ‘n vinnige geselsie. Haar hoenderkerrie-resep is ‘n gereg met baie geure en smaak, en maklik om self te maak. 

Read more …KERRIEHOENDER

Marinda du Plessis se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy het vir langer as 20 jaar by Klerksdorp Rekord gewerk en die personeel gereeld met haar heerlike gebak verras. Sy hou van tuinmaak, naaldwerk en is ‘n ywerige doen-dit-selfer. Haar resepte is vinnig, maklik en flatervry.

Read more …HOENDERPASTEI

Maklik, gesond en vullend. Só beskryf Emsie Jansen van Rensburg hierdie maklike hoenderslaai wat sy graag vir middagete voorberei. Emsie het lank in Klerksdorp gewoon, maar is nou ‘n Pretorianer waar sy in bemarking werk.

Read more …HOENDERFILLETSLAAI

Nouja, die eerste ding wat ons boere- en plaasgemeenskappe vir ons sal vra as ons vir hulle ‘n resep vir ‘n heerlike hoenderburger aanbied, is seker: “het julle nie geweet ons is vleismense nie?” Met ander woorde braaivleis, pap en sonkyn (en rugby) of hoe? Maar goed dan - spesiaal vir diegene wat hierdie tyd van die maand al lus het vir ‘n ietsie anders as wat gewoonlik op die oop vuur gemaak word. Kollega Bennitt Bartl en vroulief Heilet spog lankal hier by ons oor hulle lekker hoenderburgers - so hier’s ‘n maklike en lekker reseppie vir daardie “einde-van-die-maand”-naweke. 

Bestanddele:
1 pakkie hoenderborsies
60ml olie
125ml BBQ-sous

Read more …HEILSAME HOENDERBURGERS IN ‘N JAPTRAP…

AgriPulse-Vryburg – Die maand het AgriPulse gaan inloer by sjef en kookkunskenner Petie Pretorius, en dié wys hy hoe om stylvol met tradisionele disse te onthaal. Petie wat sy ondervinding opgedoen het deur opleiding in Engeland te ontvang en ook deur groot dele van Europa en Amerika te toer, is deesdae die algemene bestuurder by `n gewilde lodge in Vryburg en doen ook spyseniering saam met beste vriendin, Carien Mari Brink wat kos so goed soos hy verstaan. Volgens hom werk hul heeltyd met kos, blomme en dekor om altyd daardie ‘iets anders’ te kan voorsit.
“Ek glo - dek die tafel mooi, maak lekker kos, drink jou beste wyn, trek jouself mooi aan en geniet dit saam met jou hartsmense - want ons lewe net een keer,” voeg hy by. Hy vertel dat hy sy liefde vir kos verseker van my ma af gekry het.

Read more …HEERLIK TRADISIONEEL

You will find Leandri Day more behind the microphone than in the kitchen, but she loves preparing this spicy butter chicken. She likes her food with a lot of zing and you will always find curry in her pantry. She launched her music career as Bonnie Jackson and get a lot of airplay on the radio. She is from Klerksdorp.

Read more …BUTTER CHICKEN WITH SOME ZING

Deur Stephané Fourie 

Hierdie is 'n diabeet-vriendelike resep
• Ek vervang mayonaisse met lae-vet ongegeurde yoghurt, appelkooskonfyt met diabetiese konfyt, volroom melk met afgeroomde melk vir 'n gesonder resep. Ek hou ook van growwe swartpeper, vars gemaal en laat die room heel weg. Die room is vir die eiervlamengsel bo-op die bobotie en daarvoor verdun ek net die eiers met bietjie afgeroomde melk. Sultanas is vir my 'n moet, maar mense hou nie altyd van rosyne in kos nie, dan vervang ek dit met blatjang.

Read more …HOENDERBOBOTIE