Ai, wat is nou lekkerder as die bosveld se koue wintersaande om die braaivleisvuur met laataandstories en plek-plek skaterlag wat so tonekrul-lekker is dat 'n mens lank na inkruiptyd nog met 'n glimlag op jou koue wange wakker lê? Ja, die jagveld en mense se gelatenheid om die braaivuur het altyd sy bekoring - waar 'n mens ook al so gelukkig is om 'n jagvakansie te geniet... Maar vir baie van ons is dit nie so eenvoudig om die roer, die warmgoed, stewels en die bakkie te pak en jagplaas toe weg te breek nie. Deesdae is die huishoudelike begroting 'n faktor waarmee daar rekening gehou moet word en daarom dat diegene van ons met volbloed-jagters in die familie maar al te dankbaar is wanneer neef, oom of tante met 'n stewige pakkie wildsvleis (of twee) teen die voordeur aanklop.
Nouja, 'n pakkie vleis op sy tyd het ook sy voordele en vir mense wat nie te handig met die slagtersmes is nie, is iets soos wildswors stop dalk die naaste wat hulle ooit aan die jagplaasondervinding sal kom...
Ons weet daar is baie gelukkige mense wat hierdie winter die jagveld gaan opsoek - ons sal nog vir die volgende 'n maand of twee oor heerlike wildsresepte gesels. Vir die ander wat dalk darem nog 'n stukkie wild in die vrieskas het, spog ons vandeesweek met 'n al te lekker wild-boereworsresep waarmee jy jou vriendekring by die volgende braai kan beïndruk.
Madelein Cloete van Rustenburg se Professional Cooking Academy en haar regterhand, Lizelle Hattingh van Jakkalsdrift-slaghuis ('n privaatslaghuis wat wildvleis en karkasse vir letterlik dosyne jagters verwerk), het vir ons hierdie maklike en heerlike worsresep saamgestel.
WILDSFILLET IN ROOM- EN SAMPIOENSOUS
Nouja, vir seker die meeste gewone Suid-Afrikaners beteken die einde van die winter dat ‘n ou maar die jaggeweer ‘n lagie of twee lekker dik olie smeer en tot aanstaande winter in die kluis wegbêre. Dit is nou die mense wat nie so gelukkig is om ‘n oupa, ‘n oom of ‘n pa te hê wat met ‘n toegespande wildplaas in die verre ou Noord-Transvaal (Limpopo) of dalk die Vrystaat kan spog nie en vir wie ‘n “wildsboudjie”as ons dit so kan noem na al die jare nog steeds ‘n groot bederf en verrassing gebly het.
Vir die gewone man sal ‘n lekker sappige wildsvleisie oor die vuur of in ma se gunstelingpastei ongetwyfeld herinneringe oor die jongste jaguitstappie in die bosveld uit die pot/oond tower. Maar soms is selfs die wat van ons nie eers iemand met ‘n oop plaas in die familie- of vriendekring het nie, tog ook gelukkig. Ja, ons lesers wat verlede week se “kook” kan onthou, sal weet dat ons hierdie week vir ‘n spesiale bederfie by die tafel van Piet en Martie Els en die “kinders” Carl en Giselle Nicholson van Biki-bini-bos-gasteplaas aansit en met ‘n “bek-wat-water” (sou Pieter Pieterse ongetwyfeld gesê het) toekyk hoe Carl vir ons ‘n wildsfillet in ‘n pikante sousie aanslaan.
By Biki-bini-bos is die wild taamlik volop en al die ge”wild”ste boksoorte word gereeld gesien. Baie spesiaal is ‘n lapa-uitkykpunt vanwaar ‘n mens jou oor etenstyd kan verlustig in dosyne “mak” koedoes en waterbokke wat vroegoggend en laatmiddag ook ‘n lekker eetdingetjie kom soek waarmee Piet hulle bederf. Ons is so naby aan die pragtige diere dat ons versigtig moet kou en nie die lippe na ‘n slukkie van Carl se wyn moet klap nie, anders gaan ons die bokke verwilder. (Ja, natuurlik het ons watertand gesmul…)
MAAK DIE JAGNAWEEK "MAK" MET 'N KOEDOENEK-WILDSPASTEI
Ons reeks oor "wildkosresepte" waarmee ons Rustenburgers in hierdie winterseisoen warm probeer hou, staan nou tweede week se kant toe. Vandeesweek - sommer so met die afskopslag - begin ons op 'n hoë noot! Charlotte Grobler, haar dogter Ilze Grobler en Charlotte se tweelingsus Louise Nell staan op die vooraand om 'n splinternuwe restaurant te begin en maak vir ons 'n koedoenek-wildspastei as 'n voorsmakie om vir ons te wys wat mense binne enkele weke onder meer by "Proviant Restaurant" kan verwag. Tradisionele boerekos gaan ook hoog bo-aan die spyskaart by Proviant verskyn - so wees op die uitkyk vir advertensies en meer inligting wat binnekort in Rustenburg Herald gaan verskyn.
Die driemanskap maak hierdie baie lekker wildspastei soos soos volg:
AGTERKANT VAN 'N BEES - ONDERKANT VAN 'N KOEDOE... (EN MENG GOED)
Suid-Afrikaners van oraloor sal seker vir nog 'n hele klompie weke (veral naweke) nabetragting hou oor die verloop, oploop tot en afloop van die (afgelope) kersvakansie en soos dit maar gaan, is dit maar die laataand-kampvure, die pruttende potjies en die druppende braairoosters wat seker maar die langste onthou sal word. Nouja, daar is min twyfel dat potjies die afgelope vakansie hoog op die spyskaart was want wat is nou beter kampkos as 'n potjie? Maar al gehoor van 'n wildskenkel- en beesstertpotjie?
Hierdie wild- en beesstertpotjieresep van Jannie van der Westhuizen van Rustenburg is een van die eerste stukkies "bagasie" wat jy vir jou volgende vakansie of naweek-wegbreek moet inpak.
Jannie maak dié potjie so: (Terloops - as jy die ou wat langs jou kamp wil beïndruk, sê jy bloot vir hom jy gebruik die agterkant van 'n bees en die onderkant van 'n koedoe - dit is mos die waarheid of hoe?)
GIRD-FAMILIE MAAK GEWILDE LEKKERNY
In hierdie week se uitgawe van "Raak die 'klits' kwyt" - ons derde aflewering van in die reeks van vyf kooksessies rondom die reuse World Food Festival van plaaslike gemeente - Vantage Point - wat op Vrydag, 26 Mei vanaf 17:30 plaasvind. Verlede jaar se World Food Festival het omtrent vir 'n stormloop gesorg en 'n wye verskeidenheid heerlike eetgoed van formele maaltye tot biltonghappies, worsbroodjies, nageregte, allerlei lekkernye tot die immergewilde hamburger en vetkoeke is binne 'n kwessie van slegs twee ure uitverkoop.
Rustenburgers wat hoop om by vanjaar se fees 'n bietjie meer van die "spyskaart" te sien, sal aangeraai word om beslis nie laat te wees nie... In hierdie uitgawe lekker wildspastei van Desmond Gird en sy familie... Die Girds het verlede jaar nie minder nie as 300 van hierdie heerlike pasteie van die hand gesit - vanjaar is die teiken heelwat meer... Ons het geproe en dit is beslis aan te bevole - jy sal wys wees om vanjaar sommer baie vroeg op te daag en 'n groot "inkopiesak" saam te bring...
Die Gird-familie maak hulle wildspastei só..
GEURIGE GEMSBOKFILLET
Tot dusver hierdie winter het ons in Rustenburg Herald se weeklikse "Raak die 'klits' kwyt" (kosmaak-reeks) al te lekker weggelê aan die heerlike wildsvleisgeregte en bederfies uit die jagveld - meestal wildpastei wat telkens met groot sukses voorgesit is en 'n mens jou opnuut laat verwonder het aan die geur en smaak van goeie wildsvleis. Party mense weet regtig hoe om wildvleis gaar te maak sodat dit betreklik "mak" smaak.
Daar is mos maar die storie dat 'n mens soms sukkel om die "wild" uit wildvleis te kry. Terwyl sommige mense dit met gemengde sukses regkry, is daar wildsvleis-spesialiste onder ons wat vir jou 'n stukkie wild kan voorsit waarvan die meeste mense seker maar net kan droom - "sag soos 'n moederhart" (soos oom Joos altyd gesê het as hy 'n stukkie goeie vleis oor sy slaghuis se toonbank vir jou aangegee het...) maar sommer ook baie ander kwaliteite, werklik geurig, smaaklik, nie te ryk nie, 'n tikkie pikant kan 'n mens amper sê maar veral, totaal en al buitengewoon.
Cobus Roode van Rustenburg is so 'n man. Diegene wat Cobus "ken" sal jou vertel dat hy by sy huis omtrent geen ander vleis as wild eet nie en dat hy 'n spesialis is wat sy eie wild (In Namibië) jag en in 'n verskeidenheid van snitte laat verwerk. Ons het hier aan die stertkant van vanjaar se winter die voorreg gehad om saam mt Bill McGill (nog 'n wild-spesialis - met die verfkwas en die vurk/lepel) by Cobus en vriendin (Silke Burdack) se tafel vir 'n watertandlekker gebraaide gemsbokfillet aan te sit. Ons het nog nie hierdie winter (of enige ander een) aan sulke absoluut voortreflike wildvleis gesmul nie...
BRAAI VLEIS
Almal behoort teen hierdie tyd al te weet – eerskomende Saterdag (24 September) is Nasionale Braaidag. Vir sekerlik loshande die meeste van ons is dit maar min of meer elke Saterdag of Sondag “nasionale braaidag” – so, geen lesse hier nodig nie nê?
Maar vir ons vriende wat naweek vir naweek voor die TV ontspan en meestal met ligte “tv-etes” oor die weg moet kom, nouja, as jy dalk nie so lief is vir ‘n braaivleisie dat jy letterlik nie vir naweke kan wag nie, dan moet die probleem seker maar by die sousie (of die kok) lê.
Omdat Suid-Afrikaners meestal nie geleer hoef te word hoe om vleis te braai nie en andersins lankal reeds weet wat hul gunstelingvleisie vir enige geleentheid is, het ons besluit om in hierdie “Raak die ‘klits’ kwyt” liewers ‘n nuwe marinade-resep aan die hand te doen – veral vir ons jagters wie se vrieskaste uiteraard hierdie tyd van die jaar propvol wildsvleis is. Ons weet mos maar dat wildsvleis meestal geneig is om aan die taaierige kant te wees en dit is soms baie moeilik om die veld se “wild” uit jou vleis te jaag…
Rustenburg Herald se “braaispan” het spesiaal met die oog op nasionale braaidag eerskomende Saterdag by Tielman en Madel Breedt laer getrek en met ‘n heerlike nuwe marinade kennis gemaak wat beloof om jou wildsvleis of wat jy ook al graag op die kole gooi in ‘n feesmaal op te tower. Ons besef daar is mense wat van hul braaivleis “a la natural” hou, maar as jy die dag ‘n wildsbokkie platgetrek het, kan dit net voordelig wees om die voordele van ‘n lekker sous of Marinade te ondersoek.
Onthou, die doel van ‘n spesiale wilsvleis-marinade is nie slegs om die vleis ‘n heerlike geur en smaak te gee nie, maar hoofsaaklik om jou wildssnit so sag soos die spreekwoordelike murg te maak.
Goed ja, ons moet ook darem sê dat effense “onenigheid” onder die Breedt-familie oor of ons resep paptert, aartappelgereg, koes-koes (cous-cous) of pap-en-vleis moes wees, ons uit konsensus by ‘n wildsvleismarinade laat eindig het, (wat ons uiteindelik saam met blesbokvleis gebraai het). Tielman en Madel maak hulle marinade só:
GEMSBOK SKENKELPOTJIE
Antoinette Minnie van Klerksdorp hou van onthaal, reis en om nuwe plekke te ontdek. Sy eksperimenteer graag in die kombuis met nuwe disse en skerts dat jy nooit te veel souse in jou koskas kan hê nie. Sy ontspan op haar lekkerste in die natuur en manlief is mal oor haar wildspotjie. Sy bedien dit met stampmielies of rys.
SPRINGBOKFILLET MET ‘ZEST’
By Café Zest in Schröderstraat in Upington kan jy by ‘n tafel gaan aansit met ‘n wye verskeidenheid gourmetdisse wat selfs die kieskeurigste smulpaap sy lippe sal laat aflek.
Die chef en eienaar, Roelof van Vuuren, delf sy inspirasie van regoor die wêreld en op eie bodem. Roelof glo dat jou oog die feesmaal lank voor jou smaaksintuie moet ervaar en geniet.
So is dit ook met vandag se Springbokfillet “Marsala”. Marsala wyn kry sy naam van die streek van herkoms Marsala, naby Sicilië. Om die sous eie aan Upington te maak, gebruik Roelof die Oranjerivier se eie ORC Rooi Jerepigo. Roelof het meer as 20 jaar se ervaring in die kosbedryf. Hy het as kind begin kosmaak. So 20 jaar terug het hy gehelp met die uitleg van ‘n restaurant in Santon, Smith & Wollensky. Hy het die kombuis help ontwerp en toe begin om met resepte te eksprimenteer. En die res, is soos hulle sê, geskiedenis. Toe hy moeg word vir Johannesburg, het hy Upington toe getrek. So drie jaar terug het hy Café Zest oopgemaak en Upingtonners is hom ewig dankbaar. Sy gaste geniet hierdie interessante restaurant met ‘n opelug- en onderdak gedeelte. Die ten volle gelisensieerde restaurant het kapasiteit vir sowat 70 gaste op ‘n slag, so bespreek maar jou plekkie om telleurstelling te voorkom.. So, as jy jou geliefde wil bederf... Of indien jy ‘n sake-ete ingedagte het...
Café Zest is by Winkel 1 (ORI gebou) langs North West Motorcompany in Schroderstraat. Roelof kan geskakel word by 045 332 1413.
Hoe hou jy van jou wors?
AGRI-PULSE – VRYBURG – Boerewors is al vir dekades ‘n Suid-Afrikaanse staatmaker. Op die braai, in die oond of in ‘n pan op die stoof, daardie vermenging van kruie en speserye saam met goeie gehalte gemaalde vleis het nie sy gelyke in die hele, wye wêreld nie.
SMAAKLIKE VARKRIB OOR DIE BRAAIVUUR
Sjoe - die feesgety is darem maar ‘n tyd van oorvloed en oordadigheid. Op spesiale geleenthede soos Kersfees en Nuwejaar is dit mos nou maar ‘n ou Suid-Afrikaanse en internasionale tradisie dat daar vir ‘n vale om kreunende tafels gekuier word terwyl die glasies hoog gelig word. En is dit nie ‘n paradoks om op te merk dat hoe moeiliker die jaar agter die rug - hoe voller die tafels en hoe hoer die glasies nie?
Ja, dit is nou maar eenmaal in die mens se aard dat hy hom nie maklik laat onderkry nie en dat joligheid en vrolikheid ‘n goeie manier is om van al (of van die meeste dan...) slegte dinge oor die afgelope jaar te vergeet. Net so met goeie dinge, daarom dat ‘n goeie jaar ook met oordadigheid gevier word en dat feesdae soos Kersfees en Nuwejaar ‘n tyd is wat nie maklik vergeet word nie.
Maar kom ek wed jou jy kan amper nie eers die helfte van al die lekker eetgoed, resepte, spesialiteite en “delicatessen” (as ek dit nie mis het nie - oorspronklik ‘n Duitse woord?) rondom die feestelike tafels onthou nie. Wat nog te sê van skep en proe!
Vir die ouens wat vanjaar amper alles geproe het, het ons vandeesweek (hopelik) so ietwat van ‘n verrassing...