20
Mon, May

Die afgelope paar weke reeds het Rustenburg Herald se kookspannetjie omtrent in Mariana Paul en haar mammie se kombuis tent opgeslaan – só lekker het ons gekuier en gesmul.
Mariana en haar mammie ouma Susanna Izaks is beide deeglik bedrewe met die kook- en bakkuns – ons het veral laasgenoemde die afgelope paar weke herhaaldelik geniet en baie baasbaksters het waarskynlik die onlangse paasnaweek geëksperimenteer met die resep vir paasbolletjies wat ouma Susanna vir ons voorgesit het. Hierdie week egter demonstreer ouma Susanna vir ons ‘n eenvoudige resep vir heerlike tuisgebakte brood waarmee jy jou vriende by die volgende braai kan beïndruk. Ouma Susanna se broodjie “rys” soos volg:

Read more …ONS BAK (MAAR BROU NIE) IN OUMA SUSANNA SE BROODKOMBUIS

Ware vissermanne en –vroue (veral diegene wat al die langpad Namibië toe aangepak het vir ‘n visvangvakansie) sal die koppe instemmend en betekenisvol knik as daar van Sêrah se Gat gepraat word. Sêrah se Gat is ‘n wegsteek-visvangplekkie aan die kus van Hentiesbaai in Namibië waar die mooiste galjoene wat jy jou kan voorstel vroeërjare graag jou aas gevat het.

Soos die bekende liedjie van Carike Keuzenkamp ook lui, verwys die naam Sêrah se Gat na ene Sêrah de Jager – ‘n raakvat Suidwesvrou wat die berugte galjoengat ontdek het en vir jare daarna presies geweet het watter aas op enige gegewe dag by die galjoengat gewild wou wees…

Hoe dit ook al sy – by die Rustenburg Skou wat nog tot eerskomende Sondag duur, is ‘n soortgelyke verskynsel. Trouens, “Kobus se Gat” is drie jaar al ‘n bekende gesig in Eerstelaan by die Rustenburg Skou. Kobus se Gat verwys natuurlik na die eienaar en stigter van die vinnige lekkerhappie-koning – Kobus Lategan van Oudtshoorn. Vir geruime tyd reeds egter, is Giepie van Zyl die man “op die pad”. Giepie en sy Oudtshoorn-spannetjie reis letterlik die land vol en maak mense se magies op ‘n buitengewone lekker manier vol.

Gereelde skougangers by Rustenburg maar ook by uithangplekke soos die Pretoria Skou, Nelspruit en talle ander, het te vertelle dat die Kobus se Gat-stalletjie omtrent twee dae voor die tyd by groot skoue moet opdaag sodat hulle kan voorbly met die bestellings. Glo dit as u wil, maar daar is blykbaar mense wat net skou toe kom om dié gewilde stalletjie se heerlike roosterkoeketes te geniet. Daar is allerlei tradisionele happies soos afval en sosaties maar die gewildste van als is roosterkoek-ontbyt of ‘n roosterkoek-hamburger!

Ons het voor skoutyd nog amper heeltemal begin het by Giepie en sy span aangedoen en hulle gevra om bogenoemde twee happies vir ons “Raak die ‘klits’ kwyt” voor te berei. Nouja, die vulsels en bykosse soos eiers, spek, kaas en so meer, hang maar af van hoe ‘n mens jou eerste ete van die dag verkies. Die roosterkoek egter, maak ‘n mens egter so:

Read more …KOBUS SE ROOSTERKOEK

In ons weeklikse kookrubriek onder die vaandel van “Raak die ‘klits’ kwyt” het ons in die verlede al telkens oor tradisionele disse, lekkernye en resepte uitgebrei. By die afgelope naweek se Sering-jeugkunsfees by huis Sering het ons gesien hoe mense soos altyd maar letterlik oor hul voete val om die lekkerste pannekoek en jaffels eerste op te raap. Ja, ons praat uit eerstehandse ondervinding – ‘n spannetjie van Rustenburg Herald en Huis Sering-inwoners en familie het Saterdag koppe en hande bymekaar gesit vir ‘n lekker tradisionele uitstappie.
Dié heerlike resep kom van Heleen Verster – Heleen en haar groepie is die afgelope paar jaar al agter die bak- en brou-toonbank by Huis Sering se jaffelstalletjie…

Read more …IMMERGROEN “JAFFELS” BEKOOR BY SERING-FEES

Dit is nou maar eenmaal so: Suid-Afrikaners hou van tuisgebak – nog al die jare! As jy dus in jou resepteboek nie kan spog met ‘n beproefde reseppie van jou grootouma se grootjie wanneer julle die koffie- en teekoppies laat ratel en almal “oe” en “aah” oor dié of daardie spesiale resep vir beskuit, koek, melkkos, kleinkoekies, gemmerkoekies, gemmerbier of dergliks nie, nee, dan bly jy liewers maar stil. Tradisie het dit nou maar eenmaal onder ons mense gevestig. As ‘n ding nie oud is en homself deur letterlik eeue gevestig en bewys het nie, is dit nog lank nie te sê dat dit ‘n wenresep is nie.

Kyk nou maar mooi wat gebeur by ‘n kerkbasaar, of ‘n kultuurfees, of so-iets. Die gebakte poedings, beskuit, souskluitjies, koeksisters, sjokeladekoek en witkoeke, hawermout-koekies, Jan Smuts-koekies en ag, al daardie lekkernye wat oor eeue heen onder Suid-Afrikaners gewild geword het, (om van droë wors en biltong nie eens te praat nie) verdwyn sommer baie vinnig van die tafels af.

‘n Mens sien by sulke geleenthede dikwels mense wat nie alleen vroeg opdaag nie, maar boonop ‘n ekstra skinkbord of twee saambring. Nou weet jy hoekom nê? Die afgelope naweek by Rusoord Tehuis vir Bejaardes se Somersmark, was dit weer so – Kiewiet en Trienie Weitsz het Saterdag gekiedenis gemaak deur nie minders nie as 46 brode te bak en ieder en elk voor huistoegaantyd te verkoop! (Gelukkig het ons met hulle ‘n afspraak gehad anders het ons dalk ook ‘n bloutjie geloop). Vir diegene wat met leë hande huis toe is, kan ons darem die resep aanbied – dis is beslis die moeite werd hoor!

Trienie en Kiewiet se gewone witbroodresep lyk so – die resep is genoeg vir iemand wat darem ‘n klompie broodjies wil bak hoor... Dis is heeltemal genoeg vir so amper ses tot sewe broodjies. Heeltmal voldoende vir jou volgende kerkbasaar, skoolfunksie of as jy nou werklik ‘n taamlik groot party aan’t reel is. Onthou papiersakkies waarin jy jou heerlike warm brode kan plaas – nie plastiek nie – anders “sweet” jou broodjie homself sopnat…

Read more …HEERLIKE VARS EGTE BOERE-BROOD

Ons leef in ‘n tyd en ‘n wêreld waarin mense toenemend gesondheidsbewus word en ‘n mens hoor feitlik elke dag van ‘n nuwe dieet, ‘n nuwe wondermiddel of ‘n kuur vir enigiets wat beloof om jou lewe te verander. Soos ons weet, is baie hiervan pure bog, regte “sales talk” of sommer net ‘n gier. Baie ander egter, het heelwat meer meriete as wat ‘n mens so op die oog af besef. Een hiervan - die sogenaamde glutenvrye dieet - is deesdae op almal se lippe. Ons gesels vandeesweek met me Anette Knop wat self die glutenvrye dieet volg en terselfdertyd ‘n heerlike resep vir glutenvrye beskuit met ons deel. Maar eers, hoekom glutenvrye produkte? Meer en meer mense word bewus van die negatiewe uitwerking wat Gluten op jou gesondheid het. Tipiese simptome van ‘n Glutensensitiwiteit is: moegheid; spysverteringsprobleme; migraine; infeksies; geswelde kliere, oor-ontsteking om maar net ‘n paar te noem. Gluten is ‘n moeilik verteerbare proteïn wat in die meeste grane voorkom byvoorbeeld koring; rog, gars (barley) en hawer. As gevolg van die lang “ketting” waaruit hierdie proteïn bestaan, verteer dit baie moeilik en veroorsaak dus skade aan die dunderm. Die opname van voedingstowwe vind plaas in die dunderm en wanneer Gluten die oppervlak van die dunderm beskadig deur jare se inname, is swak absorpsie van voedingstowwe die gevolg.

Read more …HEERLIKE, GLUTENVRYE BESKUIT (EN WAT VAN JOU DIEET?)

Daar is min dinge so lekker soos ‘n pizza - en dit nog op “payday”! Hierdie Italiaanse (of is dit nou Amerikaanse?) gereg is ‘n persoonlike gunsteling van die Bartl-familie en ‘n tuisgemaakte weergawe is nie net partykeer meer smaakvol nie maar is ook in meeste gevalle die goedkoper opsie.

Soos daar onlangs in die Rustenburg Herald se redaksiekantoor bespreek is, het jy twee keuses wanneer dit kom by pizza (en nee, dit is nie of jy ‘n “Banting” een wil maak of nie): wil jy ‘n duur pizza maak of wil jy ‘n goedkoop een maak. Wanneer jy self die pizza voorberei is die wêreld vol keuses en natuurlik kan jy besluit om jouself nie net by ham en kaas te beperk nie. Sampioene, olywe, rissies, ansjovis en ja, selfs brokkoli (julle het dit nie by my gehoor nie), is net van die bestandhele wat jy kan gebruik.
Maar dan is dit natuurlik al verby die middel van die maand en sommige van ons bly maar by die tamatiesous, kaas en (indien jy nou rêrig uitspattig wil wees) ‘n klein bietjie ham. En indien jou stelsel nie met die tamatiesous werk nie kan jy tot ‘n lekker BBQ-sous oor jou deeg smeer. Dit is weereens net bewyse dat wanneer jy besluit om vir jou familie en vriende ‘n pizza te maak, die keuses eindeloos is.
Hierdie week het my eie vroulief, Heilet Bartl, en haar moeder, Magda Kroese, vir die Rustenburg Herald se “Rustenburg Herald raak die klits kwyt”-seksie ‘n smullekker “gourmet pizza”. Die keuse is natuurlik gemaak om bietjie “uitspattig” te wees en dus word hierdie pizza met ‘n lekker BBQ-hoender en pynappel bolaag gemaak – ‘n lekker (hoewel nie so vinnige) “payday”-ete vir die hele gesin!

Read more …‘N “GOURMET PIZZA” TEEN ‘N BILLIKE PRYS

Die ‘Gatsby’ is dalk nie oral bekend nie, maar vra maar die meeste mense wat anderkant die Dwyka bly, en hulle sal weet van dié ikoniese lekkerny. 
Die ‘Gatsby’ is tradisioneel ‘n dis wat veral onder werkers in die Kaap gewild is, maar deesdae is dié broodjie ‘n fynproewersgereg - wat selfs onlangs die onderwerp van ‘n doktorale proefskrif was. Maar jy het nie ‘n doktorsgraad nodig om dié lekkerny vir jou gesin te maak nie. Let wel: In die Kaap is dit geheel en al verbode om ‘n ‘Gatsby’in meer as vier stukke te deel!
Jy benodig:

3 groot aartappels, geskil en in skyfies gesny
500 kookolie, om jou skyfies in te braai
2 tlp gemmer-en-knoffelpasta

Read more …DIE ‘GATSBY’ TOEBROODJIE

What would the world do without bread? From the earliest ages the ever popular loaf of bread has dutifully served as staple the world over and centuries later the world still hasn’t had enough, let alone too much. This week two pastry students at Rustenburg’s Academy of Cooking (Mosa Mataboge en Sergio Carollo) are demonstrating how the unassuming loaf of bread can literally light up your festive season when the celebrations have fallen silent.

Cheese and chive pull apart bread

Read more …BEEFED UP BREAD TO BREAK THE FESTIVE BLUES

“Alle sorge is ligter wanneer jy brood het.” Só het die beroemde Spaanse skrywer Miguel de Cervantes Saavedra sowat vyf honderd jaar gelede geskryf. En dit blyk dat baie mense wat hulself nou noodgedwonge huisgebonde bevind, dié waarheid van De Cervantes ontdek. Rustenburger, Marguerite Coetzer, en haar man, Danie bevind hul deesdae in die Suid-Kaap en terwyl hulle daar ingeperk is, het Danie sy hand gewaag aan die skepping van ‘n verruklike Ciabatta-en-olyfbrood. Die poging was ‘n klinklare sukses.

Jy benodig:

! 950ml Bruismeel
! 375ml Water

Read more …‘N BROODJIE TEEN DIE ‘BLUES’

Owen Viljoen moes weer leer loop na ‘n operasie om ‘n breingewas te verwyder. Tydens sy rehabilitasie het hy ‘n liefde vir kook en bak ontwikkel. Die resep is maklik en die eindproduk heerlik. Hy het al selfs van sy piesangbrood verkoop so gewild is dit.

Read more …MAKLIKE PIESANGBROOD

Hanneke Badenhorst from Stilfontein describes herself as a home executive. She loves being around her grandchildren and her hobbies include quilting and walking. She have walked the Tankwa Camino more than once. This pizza recipe is a family favourite.

Read more …PIZZA IN A BRAAIPAN
Page 2 of 3